Faith Mazibuko, LUR vir veiligheid in Gauteng, het Vrydag gesê die optrede van werknemers wat die elektrisiteit by substasies in Johannesburg afgeskakel het, is gelykstaande aan terrorisme.
Alles vir die sleutelwoord "City Power"
Donker naweek lê voor vir JHB
Krag is Vrydag na Lawley en Lenasia South herstel terwyl ander dele van Johannesburg dalk die naweek nog sonder krag moet spandeer.
JHB dalk nog drie dae lank sonder krag
Kragonderbrekings aan die Wes-Rand en in die noorde van Johannesburg kan dalk nog drie dae lank duur weens ‘n onbeskermde staking, het City Power Donderdag gesê.
Staking raak Madiba-huis
Oudpresident Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, is Woensdagaand in donkerte gehul toe werkers van City Power met ʼn onwettige staking begin het en glo die kragtoevoer afgesny het.
JHB-kragonderbreking saai chaos in stad
ʼn Kragonderbreking in die Wes-Rand en noordelike dele van Johannesburg het Donderdagoggend chaos op die stad se paaie veroorsaak.