Staatsaanklaer Arveena Persad het gesê die slagoffers se impakverslae is reeds aan die proefbeampte oorhandig, maar dat die verslag eers later gereed sal wees.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Collan Rex"
Afrigter hoor sy lot oor seksklagte
Collan Rex (22), die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School in Johannesburg, het Vrydag sy lot in die Palm Ridge-hooggeregshof gehoor.
Afrigter oor seksklagtes: ‘Ek was onvolwasse’
“Ek besef dit was kinderagtig en ek moes daarmee opgehou het.”
Afrigter in getuiebank oor seksklagtes: ‘Hulle lieg’
“Dit was net speletjies en pret tussen ons vir twee jaar wat nie bedoel is om enigsins skadelik te wees nie.”
Parktown-afrigter vrygespreek op sommige aanklagte
Robertse wou ook hê Rex moet vrygespreek word op die aanklagte dat hy ʼn kind aan pornografie blootgestel het. Hy het gesê 50 shades of Grey word in Suid-Afrika nie as ʼn pornografiese rolprent beskou nie.
Koshuishoof getuig oor video in Parktown Boys High-saak
Die staat het Vrydag ʼn laaste staatsgetuie geroep in die saak teen die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys High School, Collan Rex.
Seun (16) getuig oor afrigter: ‘Ek het gedink dit is die norm’
“In 2016, regdeur die seisoen, sou hy saam met ons in die swembad klim, aan ons geslagsdele vat, ons swembroeke aftrek en ons met handdoeke slaan.”
Seksklagte: Seun getuig oor ‘kode van geheimhouding’
ʼn Voormalige leerder aan die Parktown Boys’ High School het Dinsdag getuig hoe sy voormalige waterpolo-afrigter hom en ander seuns verskeie kere aangerand het, maar dat hulle huiwerig was om dit aan te meld.
Leerder was te skaam om ma van verkragting te vertel
ʼn 17-jarige seun wat na bewering deur die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School, Collan Rex, verkrag is, het Donderdag gesê hy het nie sy ma oor die voorval ingelig nie, omdat hy te skaam was.
Hof hoor grafiese getuienis teen sportafrigter
Die Palm Ridge-hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag grafiese getuienis gehoor van twee seuns wat ʼn voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School van seksuele aanranding beskuldig.
Verhoor hervat van afrigter wat met seuns lol
Een van die seuns het getuig dat Rex hom gedwing het om sekstonele uit die fliek 50 Shades of Grey te kyk en dat die seun gevoel het die fliek is nie geskik vir iemand van sy ouderdom nie.
Seksklagte: Seun getuig teen oudafrigter
ʼn 17-jarige seun het Dinsdag getuig in die saak teen die waterpolo-afrigter van die Parktown Boys’ High School wat skuld beken het op sekere seksuele aanklagte teen hom.
Afrigter beken skuld op seksklagte
Collan Rex, ʼn voormalige waterpolo-afrigter van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg, het Dinsdag in die Palm Ridge-hooggeregshof skuld beken op 144 seksuele aanklagte teen hom.
Afrigter wat glo met seuns lol weer in hof
Minstens 23 seuns tussen 14 en 16 jaar oud het na vore gekom as klaers.
Afrigter wat glo met seuns lol se regspan onttrek
Die 22-jarige beskuldigde moes pligte by die skool se koshuis verrig en het ook waterpolo afgerig. Hy word daarvan beskuldig dat hy op onvanpaste wyse aan leerders by die koshuis gevat het.
LUR moet verslag vrystel oor aanranding by Parktown Boys, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Sondag gemaan om die verslag vry te stel oor die beweerde seksuele aanranding van leerders by Parktown Boys’ High School in Johannesburg.
Afrigter in hof oor seksuele aanranding van seuns
Die voormalige waterpolo-assistentafrigter wat daarvan beskuldig word dat hy leerlinge van Parktown Boys’ High School in Johannesburg geteister het, het Vrydag vlugtig in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.