Dié jongste konvooi met bestuurders wat eis dat die koronavirusregulasies in die VSA opgeskort word, kom nadat betogings hieroor verlede maande in Kanada hardhandig beëindig is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Covid-19-betogings"
Betogers gooi glo suur na NZ-owerhede
“Aan enigiemand daar wat dink hulle is deel van ’n vreedsame protes, dit is nié wat ons vandag gesien het nie…”
Betogings in Kanada hardhandig beëindig
Intussen staar ʼn regsgeding van ʼn burgerlike vryheidsgroep die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, in die gesig.
Covid-19-protesleiers in Kanada vas
Een van die organiseerders van die betoging het voor haar inhegtenisneming glo ʼn beroep op ondersteuners van die betoging gedoen om Ottawa te oorweldig en die vragmotorbestuurders te ondersteun.
Kanada nou in staat van beleg oor trokdrywers
Met die instel van krygswet word alle burgerregte tydelik opgeskort.
Covid-19-betogings saai chaos in Europa
Die bestuurders van ʼn konvooi vragmotors en kampeerwaens in Kanada, het soortgelyke bewegings in Frankryk, Nederland en Switserland veroorsaak.
Sproeiers, ‘Macarena’ skrik nie NS-betogers af
Betogers het geantwoord met treffers van hul eie en Twisted Sister se lied “We’re Not Gonna Take It” vir owerhede teruggespeel.
‘Ons gaan nêrens’, hou Kanadese betogers vol
Honderde vragmotors gaan intussen voort om in die middestad van Ottawa, die Kanadese hoofstad, saam te drom en te betoog teen die verpligte Covid-19-inentings en inperkingsbevele vir mense wat nog nie ingeënt is nie.
Covid-19-betogings brei vinnig uit
In Nieu-Seeland het die getal betogers voor die parlement eksponensieel toegeneem, terwyl betogings in Kanada uitbrei en vragmotorbestuurders in die VSA, Frankryk en België dreig met padversperrings.
120 vas weens betogings in NZ
Intussen versper betogers steeds ʼn brug tussen Kanada en die VSA wat ʼn sleutelpunt van oorgrenshandel tussen die lande is.
NS-betogers kamp voor parlement
Soortgelyke optogte in Kanada het intussen daartoe gelei dat van die provinsies hier hul Covid-19-regulasies opgehef het.
Noodtoestand in Ottawa afgekondig
Al meer mense wêreldwyd skop vas teen Covid-19-regulasies. Dit sluit in Nieu-Seelandse en Australiese vragmotorbestuurders wat ook nou opruk.
Betogings bring Ottawa tot stilstand
Inwoners is in hul huise vasgekeer, sakeondernings is tot stilstand gebring en verkeer is ontwrig. Van die vragmotors het ook die grenshoofweg na die VSA versper.