Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red. Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. (Genesis 45:4-5, 8)
Alles vir die sleutelwoord "CUM-uitgewers"
Gedagte vir die dag: Abraham
God het vir Abraham gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.” (Genesis 22:2)
Boek: Kies liefde … Bybelstudie
Ander mense sien God die beste raak wanneer gelowiges God se liefde weerkaats. Om dit te doen, moet God se kinders eers drie belangrike keuses maak. Dáárna sal hulle God se liefde effektief en daadwerklik kan uitdruk.
Gedagte vir die dag: Wanneer jy stres ervaar
Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!” (Markus 14:33-34)
Gedagte vir die dag: Die regte tydsbeplanning
God is tog nie ’n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. (1 Korintiërs 14:33)
Boek: God fluister jou naam
‘God fluister jou naam’ is meer as net oordenkings. Dit is 365 uitnodigings om te luister na God en die persoonlike boodskap wat Hy met jou wil deel. Met 52 temas soos geloof, gebed, vergifnis en verlossing, verseker Cherie Hill jou dat jy nader aan God kan groei in alle areas van jou lewe.
Gedagte vir die dag: Gee jou vrese vir God
Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref. Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs. (Job 3:25-26)
Gedagte vir die dag: Stres is die sondaar!
My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. (Psalm 121:2)
Gedagte vir die dag: Veel meer as wat jy bid of dink
Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. (Efesiërs 3:20-21)
Gedagte vir die dag: Voel veilig in die nuwe jaar
Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die HERE vertrou. (Spreuke 29:25, NLV)
Boek: Daniël – ’n Bybelstudie
In ‘Daniël – ’n Bybelstudie’ ontdek die leser in 8 studies hoe om waarlik uit te troon as iemand wat sonder huiwering of kompromis sy of haar geloof uitleef. Daniël se verhaal wys lesers hoe hulle hul integriteit kan behou en geestelike veldslae kan wen.
Gedagte vir die dag: ’n Kommervrye jaar
Wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? (Matteus 6:27, 30)
Boek: Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is
As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie en streef dan – dikwels op vernietigende wyse – daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree.
Gedagte vir die dag: Werk versigtig met jou tyd
My lewe gaan vinniger verby as ’n naelloper. Dit vlieg verby, sonder dat ek geluk ervaar. Dit verdwyn soos ’n vinnige rietbootjie, soos ’n arend wat afswiep op sy prooi. (Job 9:25-26, NLV)
Gedagte vir die dag: Dóén God se wil
Ons Vader in die hemel, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel. (Matteus 6:9-10, NLV)
Gedagte vir die dag: Soekers na geluk
Wie elke dag reg wil leef, is baie gelukkig. Wie elke dag probeer om die regte dinge te doen en te sê se vreugde ken geen perke nie. Wie die wysheid sy eie maak, het die lewe gevind. Die Here is lief vir hom. Wie die rug vir die wysheid draai, vernietig homself. (Spreuke 8:34-36, Die Boodskap )
Gedagte vir die dag: ’n Jaar vol blydskap
Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. U skenk hom voorspoed en geluk. U maak hom altyd voorspoedig, U skenk hom oorvloedige blydskap deur u nabyheid. (Psalm 21:3-4, 7)
Gedagte vir die dag: Bou aan jou karakter
Net soos Jesus gely het toe Hy op aarde was, ly ek ook. Die merktekens daarvan is oral aan my lyf te sien. Ja, in my eie liggaam dra ek Christus se lyding en dood heeltyd met my saam. (2 Korintiërs 4:10, Die Boodskap)
Gedagte vir die dag: Gebruik jou talente om God te verheerlik
As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. So moet julle God in alles verheerlik. (1 Petrus 4:10-11)
Gedagte vir die dag: Ontdek God se doel vir jou lewe
God is die bron van alles. Alles bestaan deur sy krag, en alles is op Hom gerig. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. (Romeine 11:36, NLV)