Die rugby was tussen swak in die eerste helfte en so-so ná rustyd, maar die Curriebeker bly maar dié ding in Suid-Afrikaanse rugby.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Curriebeker-eindstryd"
Hoe sal daardie 100 minute teen die Bulle die WP raak?
Sal die Blou Bulle dalk die deurslaggewende rol in Saterdag se Curriebeker-eindstryd speel?
Eindstryd: Daar’s nie vir Damian plek as losskakel óf heelagter nie
Damian Willemse het buite die struktuur van die SuperRugby-reeks nie op losskakel oortuig nie, en voor sy besering in die o. 20-Wêreldkampioenskap en meer onlangs vir die Westelike Provinsie ook effens gesukkel.
Eindstryd: Blitsige Fassi en Bok Jean-Luc kry kans
As jy toe nog nie geweet het wie Aphelele Fassi is nie, sou die manier waarop hy die Goue Leeus se Springbok Aphiwe Dyantyi verlede week in die Curriebeker-halfeindstryd ingehardloop het, jou wel laat regop sit het.