Die Westelike Provinsie is die jongste om te toon dat die pad na `n provinsiale span nie geheel en al vir klubspelers gesluit is nie deur twee uitblinkers vir sy wedstryd Vrydag teen die Valke te kies.
Alles vir die sleutelwoord "Curriebeker"
Tuguitspraak kan wye impak hê
`n Tuguitspraak vandeesweek oor die inspan van onwettige spelers skep waarkynlik `n presedent wat in die toekoms wye impak op soortgelyke gevalle in SA rugby kan hê.
Curriebeker: drie spanne se aanspraak verswak
Drie spanne se aanspraak op `n plek om die reeks om die Curriebeker is verswak deur die nederlae wat hulle die afgelope naweek in die opstelronde gely het.
Nuwe Puma speel dalk Saterdag nog vir WP
Een van drie nuwe aanwinste wat die Pumas pas aangekondig het, is deur die Westelike Provinsie op die bank gekies vir sy wedstryd Saterdag teen die Griffons in Kaapstad.
Boland moet lig trap vir Grens
Boland moet lig trap vir Grens as dié twee spanne mekaar Donderdag in die Buffalostad-stadion in Oos-Londen in die opstelronde van die reeks om die Curriebeker aandurf.
WP verander ses – en speelveld
Die Westelike Provinsie het nie net ses veranderings in die span vir sy wedstryd Saterdag teen die Griffons aangebring nie, maar ook die speelveld verskuif.
Vrystaat verander ses vir stryd van kolkatte
Die Vrystaat het vier veranderinge (twee voor en twee agter) en twee posisionele skuiwe in die middeveld in die opdrafspan wat 31-44 teen Griekwas verloor het, aangebring vir die wedstryd Vrydag teen die Luiperds in Bloemfontein.
Curriebeker: pylvak sal kragte tap
Geeneen van die agt SA nie-franchise-bonde in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks kan op hierdie stadium buite rekening gelaat word nie en die stryd in die pylvak gaan elke greintjie krag uit die deelnemers tap.
Regstel én bak staan vir Johannesburg Polisie
Dis Saterdag regstel én bak staan vir Johannesburg Polisie.
Leeus, Griekwas kan vir riller sorg
Daar word die naweek net vier wedstryde in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks gespeel met Saterdag se wedstryd tussen die Goue Leeus en Griekwas wat riller kan wees.
Nie-franchise’e sal teen Superspanne sukkel
Letterlik elkeen van die vier (uit vyf) wedstryde in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks wat die naweek gebeeldsend is, het heerlike rugby en ʼn totaal van 46 drieë opgelewer.
Curriebeker: baie op die spel vir nie-franchise’e
Die gebrek aan motivering speel maar alte duidelik ʼn rol in die vertonings van die spanne uit die ses Superfranchise’e wat in die opstellende ronde van die Curriebeker speel.
Kimberley-spook van 1970 jaag die Bulle steeds
Die Blou Bulle sal die Curriebeker-eindstryd van 1970 nie ligtelik vergeet nie, en dit lyk of Griekwas sedertdien die beste uit die Bulle haal.
Onoorwonne Griekwas verder voor in opstelreeks
Griekwas is steeds onoorwonne en het sy voorsprong in die opstellende ronde van die Curriebeker vergroot deur die Welwitschias van Namibië die afgelope week 55-25 te klop.
Foto’s: Blou Bulle vs Pumas
Die Blou Bulle het Vrydagaand op hul tuisveld 13-25 verloor teen die Pumas. Die foto’s is geneem deur GB Jordaan.
Curriebeker: WP kies nuwe; Vrystaat verander ses, Boland 10
Die Westelike Provinsie het `n nuweling gekies vir sy kragmeting in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Sharks-vyftiental; die Vrystaat het ses verander vir die Goue Leeus-vyftiental, en Boland tien vir die Luiperds.
Pumas verander 14 vir Welwitschias op Ermelo
Die Pumas het 14 veranderinge aangebring in sy span wat Saterdag op die veld van die Hoërskool Ermelo in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Welwitschias van Namibië speel.
Ses nog sterk in wedloop Curriebeker toe
In dié stadium van die opstellende ronde lyk dit of daar ses redelike sterk aanspraakmakers op die drie vakatures in die Curriebekerreeks is.
Griekwas, Grens, WP onoorwonne in opstelronde
Die drietal Griekwas, Grens en die Westelike Provinsie (WP) is die enigste onoorwonne spanne in die opstellende ronde vir die Curriebekerreeks ná die naweek se wedstryde.
Pumas laat struikel Kavaliers se perd
Die Boland Kavaliers is voor Saterdag se wedstryde steeds die voorloper in die opstellende ronde van die Curriebeker ongeag sy nederlaag Vrydag in Nelspruit teen die Pumas.