Griekwas se opdrafspan vir sy Curriebekerwedstryd Saterdag teen die Pumas in Nelspruit toon drie veranderinge vergeleke met dié een wat die Cheetahs opgedreun het.
Alles vir die sleutelwoord "Curriebekerreeks"
Cheetahs maak 4 wysigingswysig vier ná loesing teen Griekwas
Die Cheetahs het vier veranderings en twee posisionele skuiwe aangebring aan die opdrafspan wat deur Griekwas gelooi is, vir die Curriebekerwedstryd Vrydag in Bloemfontein teen die Blou Bulle.
‘Nuwe’ Bulle sorg vir riller teen Streeptruie
ʼn Blou Bulspan wat sy ondersteuners hoop vir die toekoms gee, het Sondag op Loftus Versfeld vir ʼn riller-wipplankstryd teen die Westelike Provinsie gesorg.
Agteros trap kampioen se tjank af
Hoe is dit moontlik dat een en dieselfde span wat die een week met ʼn topteenstander afreken, net die volgende week sy tjank deur die agteros in die reeks laat aftrap?
WP kies sterker agterlyn teen Blou Bulle
Die Westelike Provinsie het ʼn sterker agterlyn gekies met die oog op Sondag se Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld, Pretoria, teen die Blou Bulle.
Geen keer aan Sharks ná donderweer
Daar was Vrydag geen keer aan die Sharks nie nadat die Curriebekerwedstryd teen die Goue Leeus in Durban weens dreigende donderweer onderbreek is.
Topdrie kan kwaai Curriebeker-aanslag verwag
Die voorste drie spanne in die Curriebekerreeks kan hulle maar vetsmeer vir ʼn kwaai aanslag in die komende weekronde van die reeks.
Blou Bulle verander losvoorspelertrio
Die Blou Bulle se opdrafspan vir Sondag se wedstryd teen die Westelike Provinsie beskik oor ʼn ander losvoorspelertrio as die span wat teen die Sharks verloor het.
Griekwas skommel span grootskeeps
Griekwas het vir Saterdag se Curriebekerbotsing teen die Vrystaatse Cheetahs sy opdrafspan grootskeeps geskommel vergeleke by die span wat sleg teen die Westelike Provinsie verloor het.
Daan Human hou by sy wenspan
Die Vrystaatse Cheetahs se afrigter, Daan Human, weet ʼn mens torring nie aan ʼn wenspan nie.
Sharks wysig twee vir botsing teen Leeus
Die Sharks het twee veranderings aangebring aan die opdrafspan wat die Blou Bulle geklop het, vir Vrydag se Curriebekerbotsing teen die Goue Leeus op Kingspark, Durban.
Griekwas nie mans genoeg vir Streeptruie
Griekwas was Saterdag op Nuweland in Kaapstad nie mans genoeg vir die Westelike Provinsie in die reeks om die Curriebeker nie.
Dis D-dag vir Vrystaters, Blou Bulle, Griekwas
Vrydag en Saterdag is D-dag vir die Vrystaatse Cheetahs, die Blou Bulle en Griekwas in die reeks om die Curriebeker, wat skielik nuwe lewe gekry het.
Drie Bok-groeplede versterk Streeptruie
Die Westelike Provinsie het sy opdrafspan vir Saterdag se wedstryd teen Griekwas op Nuweland met drie terugkerendes uit die Springbok-kamp versterk vergeleke by die span wat teen die Pumas verloor het.
Vrystaatse Cheetahs: is dit paniek of diepte?
ʼn Mens kan nie help nie om te wonder of dit paniek of diepte is, as die Vrystaatse Cheetahs 12 man verander aan die opdrafspan wat die jongste Curriebekerstryd met 14-57 teen die Westelike Provinsie verloor het.
Pollard haal bank (net-net) vir Blou Bulle
Dit was so hittete of die Springbok Handrè Pollard het glad nie die Blou Bulle se span teen die Sharks Saterdag in Durban gehaal nie. Nou sit hy darem op die bank.
Sharks kies hul Springbokke teen Blou Bulle
Die Sharks het hul vrygestelde Springbokke ingesluit in die span wat Saterdag in Durban met die Blou Bulle in die reeks om die Curriebeker kragte meet.
Griekwas verander nege – en kaptein – teen WP
Naas die aanwysing van ʼn nuwe kaptein het Griekwas nege veranderinge vir Saterdag se Curriebekerbotsing op Nuweland teen die Westelike Provinsie aangebring aan die span wat met 22-40 teen die Sharks verloor het.
Kom Brasilië in die Curriebekerreeks speel?
Brasilië is van plan om ʼn rugbyfranchise op die been te bring wat aanstaande jaar in die Suid-Afrikaanse Curriebekerreeks kan speel.
Top-Puma van 2016 kry eerste opdrafkans vanjaar
Die Pumas se speler van die jaar van 2016 kry Vrydag in Bloemfontein sy eerste kans vanjaar in die bond se opdraf-vyftiental.