Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag die ANC se kaderontplooiingskomitee verdedig deur onder meer te verwys na die aantal vroue wat in topposte aangestel is.
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Ramaphosa: ‘Ek is nie hier om verskonings te maak’
“Staatskaping het onder ons as regerende party plaasgevind,” sê die president.
Gebruik stembus teen korrupsie, sê Ramaphosa
Ramaphosa het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul stem in die komende munisipale verkiesing te gebruik om hul onverdraagsaamheid te wys met betrekking tot korrupsie, diefstal en die wanbestuur van openbare fondse.
Ramaphosa getuig Woensdag voor Zondo-kommissie
Cyril Ramaphosa, die president van die ANC, sal na verwagting Woensdag voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig.
Pta-tiener los raaisel oor CR se beeste op
Je-Miné de la Rey (14) se baanbreker-navorsing kan eienaars van Ankolebeeste help om beter met dié diere te teel.
Nuwe leierskap vir weermag
Ramaphosa het Woensdagaand onder meer die nuwe hoof van die weermag aangekondig.
Ramaphosa nou eers later voor Zondo
Ramaphosa sal getuig in sy hoedanigheid as president van die land en die ANC.
Nuuskommentaar: ANC nie die pad byster, maar op pad van noodwendige ideologiese lot
Die ANC gaan waarskynlik voortgaan op sy pad van slegte idees. Die party is vas oortuig dat sy idees reg is, maar dat die toepassing net ietwat skeefgeloop het.
Ramaphosa sê dalk vanaand oor strenger inperking
Bewerings doen die ronde dat Suid-Afrikaners dalk droëbek oor die Paasnaweek gaan moet sit.
Nog 30 miljoen dosisse van J&J-entstof vir SA
Die dosisse sal op tuisbodem vervaardig word.
Nuuskommentaar: ANC-faksiegevegte by NUK duur voort
Dit is ʼn veilige aanname dat die ANC nie sommer binnekort beter gaan begin regeer nie. Hy hang nou al die afgelope 27 jaar dieselfde slegte beleid aan en gaan nie maklik van plan verander nie. Nie eens sy mislukkings het hom al op ʼn noemenswaardige skaal na beter idees gedryf nie.
Ramaphosa getuig binnekort voor Zondo
Ramaphosa het telkens in die openbaar verklaar dat hy bereid is om voor die kommissie te getuig.
Ramaphosa oor kragkrisis: ‘Daar is lig aan einde van tonnel’
“Ons maak vordering. Ons pogings kry momentum. Ons sien almal uit na die dag waarop die krag aangaan en aan bly,” het pres. Cyril Ramaphosa gesê.
AfriForum wil Ramaphosa kruisondervra oor kaderontplooiing
AfriForum vra spesifiek dat pres. Ramaphosa oor die ANC se kaderontplooiingsbeleid ondervra word en versoek ook dat die organisasie die geleentheid gegun word om voorleggings in dié verband aan die kommissie te lewer en self ook die president te kruisondervra.
‘Menseregte nie onderhandelbaar’ – Ramaphosa
Die president het Sondag gesê ons het ʼn gemeenskaplike doel: dié van ʼn Suid-Afrika van gelykheid, voorspoed, vryheid en menseregte vir almal.
Ramaphosa gelas ondersoek na Noordwes-departement
Die spesiale ondersoekeenheid is gemagtig om alle transaksies tussen 2016 en verlede Vrydag na te gaan.
Openlike aanslag teen Ramaphosa; Duduzane mik na parlement
Vier verwikkelinge die afgelope week het ‘n aanslag op pres. Cyril Ramaphosa duidelik gemaak, waaronder die aankondiging deur oudpres. Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, dat hy Ramaphosa wil teenstaan in volgende jaar se ANC-leiersverkiesing.
Ramaphosa wil vrotsige staatsdiens regruk
Pres. Cyril Ramaphosa sê te veel staatsdiensamptenare word aangestel in posisies waarvoor hulle nie geskik is nie en ook nie kwalifiseer nie – tot nadeel van Suid-Afrikaners.
SA terug op vlak 1
Die volgende maatreëls word verslap.
President spreek land vanaand toe
Ramaphosa het die afgelope paar dae met die nasionale koronavirusbevelsraad, die presidensiële koördineringsraad en die kabinet vergader.