Die VF Plus-leier Pieter Groenewald sê wanneer die president van ʼn land net van sekere, uitsonderlike voorvalle ʼn ophef maak, maar oor ander gruweldade soos plaasmoorde swyg, sal hy nie nasiebou bevorder nie.
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
SA se rykdom steeds in ‘wit hande’ – Ramaphosa
“Dit is die gevoel van ʼn natuurlike orde van dinge wat wit Suid-Afrikaners rassistiese uitbarstings laat maak, wat wit Suid-Afrikaners laat dink hulle het die reg om swart mense ape te noem en swart mense in ons land as karikature van diere te laat uitbeeld.”
Covid-19: Ramaphosa verdedig afsondering
Ramaphosa sê daar is ʼn groot verskil tussen ʼn grafiek op papier en om te sien hoe regte mense siek word en sommige weens Covid-19 sterf.
Ramaphosa ‘nie tevrede’ met Wes-Kaapse hantering van Covid-19
“Dít is ʼn oorlog wat ons moet wen. Ek sal geen verskoning aanvaar dat ons nie genoeg opgeleide mediese personeel kon opspoor nie.”
Ramaphosa ‘nie seker’ wanneer tabakverbod opgehef word
Die president kon ook nie sê op grond van watter bewyse die rookverbod ingestel en verleng is nie
Parlement mag nou Opod-hoof verwyder
Die Konstitusionele Hof het versoek dat die wysiging aan die wet gemaak word.
Afsondering word ‘ideologiese instrument’ vir ANC – DA
“Óf diepe naïwiteit óf onomwonde oneerlikheid is agter Ramaphosa se bewering dat vlak 3 die middeweg tussen die raad van Suid-Afrikaanse wetenskaplikes en dié van die Wêreldgesondheidsorganisasie is.”
Ramaphosa oor skole: Ouers, onnies en kinders se vrese te verstane
Pres. Cyril Ramaphosa het gesê geen skool moet heropen voor al die nodige voorsorgmaatreëls getref is nie.
Ramaphosa gevra om op te tree teen Dlamini-Zuma, ander ministers
Die DA het pres. Cyril Ramaphosa amptelik versoek om verskeie ministers, insluitend Nkosazana Dlamini-Zuma, te berispe en te dissiplineer oor hul traagheid om parlementêre vrae te antwoord.
Ramaphosa vergader met lede van Sanef
Die president het aan lede van die media erken dat hy self die aankondiging moes gemaak het dat die rookverbod nie meer opgehef word nie nadat hy net die week vantevore gesê het dit sou.
Kerke reageer op Ramaphosa se vergunning
Een kerkgroep wil nou vergoed word vir inkomste wat gedurende die algehele afsondering verlore gegaan het.
Kerkdienste kan voortgaan, maar met voorwaardes – Ramaphosa
“Ons het versoeke van geloofsleiers af oorweeg en besluit om aan van hierdie versoeke gehoor te gee.”
Kyk die president se toespraak oor kerke hiér:
Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdagaand 19:30 na verwagting meer besonderhede oor kerkbyeenkomste tydens vlak 3 bekendmaak.
Afsondering: Ramaphosa sê vanaand oor kerke
Ramaphosa het Sondagaand ook die land toegespreek en het toe verskeie verslappings aan die afsonderingregulasies, wat nog in die Staatskoerant afgekondig moet word, bekend gemaak.
Die herdood van die gemaskerde, weder-opgestane goue bulkalf
Die dwaasheid is ʼn ou ding. Dis deel van die ANC se toksiese DNS. Die vernietigingswerk het meer as twee dekades gelede begin: eers langsaam, toe vinniger, en nou – te midde van die virus – is dit op volle vaart, skryf prof. Koos Malan.
Ramaphosa-toespraak: Ja vir drank, nee vir tabak op vlak 3
Daar is goeie nuus en slegte nuus vir Suid-Afrika op vlak 3 van die afsonderingstydperk.
Video: Kyk Ramaphosa se toespraak hier
Pres. Cyril Ramaphosa spreek die land na verwagting om 19:00 toe oor Suid-Afrika se moontlike afwenteling na koronavirus-vlak 3.
President spreek land Sondagaand toe
Die president het die afgelope ruk met verskeie instellings en organisasies vergader oor die vooruitsig om die afsonderingsregulasies van vlak 4 na vlak 3 te verslap.
Vergaderings oor vlak 3 duur voort
“Die president het sedert die begin van die Covid-19-pandemie ’n reeks vergaderings en besprekings met leiers in verskillende sektore van die samelewing gehou om te verseker dat die nasionale poging om die krisis te bekamp inklusief is en die steun van alle belangegroepe geniet.”
Ramaphosa reageer op hofaksies, teenkanting
Pres. Cyril Ramaphosa sê talle indiwidue en organisasies het die staat reeds hof toe gesleep oor sekere aspekte van die afsonderingsmaatreëls.