“Ons waardeer die geduld en vasberadenheid van die eisers, maar erken baie meer moet nog gedoen word met baie meer dringendheid.”
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Maimane: ‘Ramaphosa steek iets weg oor Bosasa’
“Die president is verantwoordbaar teenoor die parlement, nie teenoor die openbare beskermer nie, en sy weiering om hierdie inligting bekend te maak wys daar is iets ernstigs om weg te steek tussen Ramaphosa en Bosasa.”
Eksterne aandeelhouding in Reserwebank sal uitgefaseer word
Die regering sal die ANC se besluit, om van eksterne aandeelhouding in die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontslae te raak, implementeer, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag aan LP’s gesê.
Ramaphosa in die spervuur tydens antwoordsessie
Pres. Cyril Ramaphosa het vanmiddag behoorlik bloed gesweet tydens ‘n presidensiële vraesessie in die Nasionale Vergadering,
Cyril swyg oor sy seun en Bosasa
“As jy graag wil weet, is daar regtig niks om weg te steek nie.”
Menings verskil diep oor Ramaphosa se sukseskanse
Die hare het Maandag by die Woordfees in Stellenbosch gewaai toe die politieke analiste Moeletsi Mbeki, Piet Croucamp en Prince Mashele erg verskil het oor of pres. Cyril Ramaphosa suksesvol gaan wees as staatshoof.
Ramaphosa proklameer verkiesingsdatum
Noudat die verkiesingsdatum geproklameer is, kan kiesers nie meer registreer om te stem nie.
Ramaphosa kry nóg vrae oor persoonlike finansies
Pres. Cyril Ramaphosa moes hierdie week bontstaan om skriftelike parlementêre vrae oor sy eie en sy familie se finansiële sake te beantwoord.
‘21 spanne soek oplossing vir e-tol’
“Dit is duidelik dat e-tol lewenskoste verhoog en dus onvolhoubaar is.”
Ramaphosa stel komitee aan oor Eskom
Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die ongekende mislukking van Eskom se opwekkingskapasiteit die laaste paar dae beklemtoon die erns van die uitdagings wat die maatskappy in die gesig staar en die dringendheid van maatreëls om dit te bowe te kom.
Ramaphosa sê nee vir ondersoek na Lekota-bewerings
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag geweier om ’n kommissie van ondersoek te laat aanstel om die bewerings van verraad jeens sy kamerade in die bevrydingstryd te ondersoek.
Podlitiek: Eskom oorlaai, Ramaphosa paai en DA sê SEB koebaai
In hierdie week se episode plaas ons die kollig op die groot probleme by Eskom, Ramaphosa se planne om staatsdepartement en provinsies te verminder asook die DA wat terselfdetyd SEB as beleid groet – maar ook nie rêrig nie.
Lekota se politieke atoombom teen Ramaphosa
Die leier van Cope, Mosiuoa Lekota, het vanmiddag ‘n politieke atoombom op pres. Cyril Ramaphosa losgelaat.
Numsa skop teen verdeling by Eskom
“Die strydlyne is getrek. Die staat het amptelik oorlog verklaar teen die werkersklas.”
Nuuskommentaar: Te veel planne en te min oplossings
’n Teleurstellende toespraak met te veel planne en te min daadwerklike oplossings – so kan die kritiek van opposisiepartye oor die algemeen opgesom word op pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede.
Podlitiek: Buitelandse kritiek, Hoërskool Driehoek en EFF-manifes skok
Die span bespreek die memorandum gestuur aan president Ramaphosa deur verskeie Westerse lande, die EFF se 2019-manifes en dan op ’n somber noot, die skokkende gebeure by Hoërskool Driehoek.
Staatsrede: Alle oë op Ramaphosa
Beleggers en internasionale belanghebbendes sal na verwagting die staatsrede met ʼn valkoog dophou om te hoor wat Ramaphosa se regering se planne is om die aspekte te takel wat die land se ekonomie kniehalter en beleggervertroue laat wankel.
Eskom word dalk binnekort verdeel
Luidens die bespiegelinge het die taakspan aanbeveel dat Eskom in drie bedryfsmaatskappye verdeel word, wat kragopwekking, kragvoorsiening en verspreiding sal insluit.
Ramaphosa wil beleggers by mynbou-indaba bekoor
Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdagaand ʼn gehoor van sowat 6 000 besluitnemers probeer oortuig dat Suid-Afrika dié plek is vir enige uitbreiding van hul mynbou-aktiwiteite.
Nuuskommentaar: Brug-rassisme en waarskuwing aan Ramaphosa
Diegene wat harde rassehaat aanblaas na aanleiding van die brugramp by die Hoërskool Driehoek, en minister Lindiwe Sisulu, kan ewe groot skade aan die land oorsee berokken, al is dit op heel uiteenlopende maniere.