Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag aangekondig dat hy die helfte van sy jaarlikse salaris aan die Thuma Mina-fonds sal skenk.
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Nuwe voorsitter vir Moyane-verhoor aangestel
Pres. Cyril Ramaphosa het besluit om ʼn nuwe voorsittende beampte aan te stel in die tugverhoor teen Tom Moyane, die geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Ramaphosa se eerste 100 dae ‘onindrukwekkend’
“Die krake in ‘Ramaforie’ begin groter raak.”
Verklein kabinet nou, vra DA
Die jaarlikse salarisuitgawe vir die huidige 35 ministers en 37 adjunkministers beloop R163,5 miljoen.
Ramaphosa: ‘Jeugwerkloosheid SA se grootste probleem’
Hy meen almal deel die verantwoordelikheid om die vaardighede van jong Suid-Afrikaners te ontwikkel en te verseker dat dié vaardighede strook met die behoeftes van ons ekonomie.
Moeilike tye vir die ekonomie lê voor
ʼn Drie dubbele dosis van slegte nuus staar Suid-Afrika in die gesig. En dit kan dalk net die medisyne wees wat tot verdere afgraderings van Suid-Afrika se buitelandse skuld kan lei.
SA kort sommer baie beleggers
Pres. Cyril Ramaphosa en sy uitgesoekte groepie – wat Trevor Manuel insluit – begin in die lente ‘n yslike veldtog om beleggers te lok om oor vyf jaar R1,2 triljoen in die land te belê. Nuwe geld kan een van die oplossings vir die land se penarie wees – mits dit reg bestuur en geoudit word.
Ramaphosa plaas Noordwes onder administrasie
Pres. Cyril Ramaphosa het die provinsiale regering in Noordwes onder administrasie geplaas.
Ramaphosa: ‘Bespoedig dienslewering aan armes’
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag sy regering gemaan om dienslewering aan die armes te bespoedig en sodoende die ruimtelike beplanning van die apartheidsera ongedaan te maak.
Nuuskommentaar: Die buiteland, my buurman
Moderne tegnologie het ’n streep getrek deur die dae toe regerings ’n alleenseggenskap oor buitelandse betrekkinge gehad het. Dié les leer die ANC nou oor sy nuwe beleid van grondonteiening op die harde manier. Die stryd het skaars begin, maar reeds is die aanduidings daar dat dit positief kan afloop.
AfriForum kap terug na Ramaphosa oor grondkwessie
AfriForum het Dinsdagaand in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se stelling in die parlement dat diegene wat oorsee reis “om steun teen hul eie land te mobiliseer eerder moet huis toe kom” gesê dat die president nie Suid-Afrika se belange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar moet verwar nie.
Ramaphosa en EFF bots oor grondhervorming
Pres. Cyril Ramaphosa en die EFF het Dinsdagmiddag hul eerste groot botsing gehad – en dit was oor die verdelende kwessie van grondhervorming.
Ramaphosa moet vandag verduidelik oor grond
Die DA-leier, Mmusi Maimane, gaan vanmiddag pres. Cyril Ramaphosa in ʼn blik probeer druk oor aanduidings dat sy regering besig is met bontpratery oor onteiening sonder vergoeding.
Nuuskommentaar: As die minderheid regeer
Kan die feit dat pres. Cyril Ramaphosa uit ’n klein stam kom, voorkom dat nepotisme so ’n probleem word soos oudpres. Jacob Zuma se Zoeloefikasie? Ramaphosa se posisie is egter komplekser en interessanter.
Is daar hoop vir Eskom en SAL?
Roodt sê miskien is die twee ondernemings minder as niks werd en reken dat dit miskien beter sal wees om te wag, of om hulle eerder toe te maak – veral die lugdiens. Hy wys nietemin daarop dat privatisering in Ramaphosa se kraal kan pas, wat beleggings kan lok.
’n Onverwagse hupstoot vir SA ekonomie in eerste kwartaal
NKC African Economics sê dit was die grootste kwartaallikse styging in verbruikerssentiment. Dit is die eerste opname wat gedoen is ná die ANC se nasionale kongres in Desember wat gelei het tot die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die land se president.
Ramaphosa fokus op grond- en loonkwessies
Pres. Cyril Ramaphosa het twee brandpunte, naamlik die nuwe voorgestelde minimumloon en grondonteiening sonder vergoeding, aangespreek in sy Vryheidsdag-toespraak.
Sal beleggers nou bereid wees om hul beursies oop te maak?
“Dit gaan moeilik wees om buitelandse beleggings te lok met hierdie uitdagings wat nog nie opgelos is nie. Iewers gaan Ramaphosa besluite moet neem wat ongewild kan wees.”
Nuuskommentaar: Ramaphosa se posisie benard – nete bly klou
Te veel dinge lyk nog nie heeltemal vir pres. Cyril Ramaphosa reggeskuif nie om soos ’n gewone staatshoof te kan begin regeer. Dit lyk onder meer of te veel (nie baie bekwame) Zuma-lojaliste op plekke vaskleef waar hulle Ramaphosa-lojaliste uithou, en so die president se vermoë om te delegeer beperk.
ANC-tweespalt: Topses in Durban om krisis te ontlont
Pres. Cyril Ramaphosa kom tans byeen met afgevaardigdes van die eThekwini-distrik by die Moses Mabhida-stadion. eThekwini is die land se grootste ANC-distrik, maar word geteister deur verdeeldheid.