“Daar was pogings om ons te verdeel, uit te lok en af te lei van die take wat ons moet aanpak om ons Nasionale Demokratiese Rewolusie te bevorder.”
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Ramaphosa se herverkiesing ‘geen oorwinning vir SA’
Action SA sê terwyl die ANC onder mekaar geveg het vir topposte, is min tyd bestee aan kwessies soos werkloosheid, misdaad en beurtkrag – kwessies wat Suid-Afrikaners werklik raak.
Ramaphosa weet vandag of hy seëvier
Teen Sondag was die uitslag alles behalwe seker en luidens berigte het afgevaardigdes van verskeie provinsies hul steun na Zweli Mkhize geswaai.
Zuma-stigting wil Ramaphosa privaat vervolg
Die president het intussen die stappe “met absolute minagting” verwerp.
Ramaphosa onregverdige slagoffer
Pres. Ramaphosa het miskien foute, maar hy doen baie goeie werk – baie beter as sy voorganger.
Phala Phala: ANC besef nie ‘oorwinning’ kom met ʼn prys
Opposisiepartye het sterk te velde getrek teen die ANC nadat die meerderheid van sy LP’s “nee” gestem het om pres. Cyril Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging te plaas.
Só vind stemmery oor Phala Phala-verslag plaas
Elke LP se naam sal uitgeroep word en hy of sy moet dan antwoord of hy of sy die verslag aanvaar of verwerp.
Phala Phala-verslag: Dinsdag is D-dag; geen geheime stemming
Die speaker van die Nasionale Vergadering het intussen versoeke van die hand gewys om haar besluit rakende ʼn geheime stemming te heroorweeg.
Mkhize slyp sy tande vir ás Ramaphosa struikel
Die 66-jarige Zweli Mkhize, ʼn mediese dokter van beroep, hoop om pres. Cyril Ramaphosa Vrydag te ontsetel, maar sy betrokkenheid by die Digital Vibes-skandaal het hom self polities verwond gelaat.
Stof gaan lê effe, maar Ramaphosa se moeilikheid lank nie verby
Betrokkenheid by skandale bepaal egter nie noodwendig die lot van ’n ANC-president nie. “In die ANC kan jy van verkragting aangekla word en steeds president word. Jy kan van ’n internasionale wapentransaksie aangekla word en steeds ’n president wees.”
Sakeman sê hy wis nie buffels behoort aan Ramaphosa
Toe Sky News Mustafa uitvra hoe hy meer as ʼn halfmiljoen dollar in kontant in Suid-Afrika ingebring het, het hy gesê: “Deur die lughawe.”
Parlement besluit eers later oor Ramaphosa se lot
Wetgewers het eenparig saamgestem dat die ongekende sitting te belangrik is om in ʼn hibriede formaat uitgevoer te word.
ANC staan by Ramaphosa
ANC-parlementslede gaan teen die aanvaarding van die artikel 89-paneel van ondersoek na gebeure op Phala Phala se verdoemende verslag stem.
Ramaphosa nader hoogste hof
Die president voer in sy hofstukke aan dat die artikel 89-paneel “sy mandaat misverstaan” het.
Speaker sê nee vir geheime stemming oor Ramaphosa
Die ATM was nie die enigste party ten gunste van ’n geheime stemming nie – ActionSA en die EFF het óók gevra dat stemme Dinsdag in die geheim uitgebring mag word.
Phala Phala: Geheime stemming gevra
Die DA het intussen vanoggend sy beplande mosie ingedien om te vra vir die ontbinding van die Nasionale Vergadering.
Moeilike week wag op Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa oorweeg dit nié in die stadium om te bedank nie en baklei moedig terug. Daar lê egter ’n paar moeilike dae vir hom voor.
Opposisie verenig in stryd teen Ramaphosa
Opposisiepartye is keelvol vir die vertragings in ander ondersoeke na die Phala Phala-skandaal en wil Dinsdag ʼn mosie van wantroue in pres. Cyril Ramaphosa in die parlement ter tafel lê wat hulle vra álle LP’s moet steun.
ANC-ringkoppe vergader weer Sondag
Luidens berigte gaan pres. Cyril Ramaphosa die verslag van die artikel 89-paneel in die hof laat hersien en hy het sy regspan opdrag gegee om met dié proses te begin.
Ramaphosa moenie bedank (as hy onskuldig is)
Terwyl GOOD sê Ramaphosa se bedanking sal die land in ʼn leierskapskrisis dompel, sê ActionSA Ramaphosa se stilte tot dusver was “oorverdowend”.