Ondanks ʼn senior advokaat wat deur die parlement aangestel is en wat bevestig het dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Nkosiyakhe Masondo verantwoording moet doen, het hulle die regsadvies geïgnoreer en ná Mapisa-Nquakula se bedanking besluit om nie die saak verder te voer nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "DA"
Sê hulle name, en sê dit hardop!
“Hierdie slagoffers is nie blote statistieke nie. Hulle is regte mense met alledaagse lewens, net soos ek en jy, verpletter deur sinnelose geweld.”
Kiesers soek ANC-DA-koalisie – peiling
’n Nuwe meningspeiling toon dat een uit elke vier Suid-Afrikaners ’n ANC-DA-koalisie verkies. ’n Politieke kenner meen só ’n scenario is moontlik, maar sal geweldige gevolge vir albei partye inhou.
Video: DA wil Suid-Afrika red; wat is die plan?
DA-leier John Steenhuisen gaan oor die volgende paar weke die land deurkruis om stemme voor die verkiesing te werf.
Ja, Pretoria kan Kaapstad se standaard behaal
“Ek is liewer vir Pretoria as die Kaap, iets wat ek besef het in my vier jaar as parlementslid. Maar Kaapstad is ongetwyfeld die goudstandaard van goeie regering. Pretoria kan wel die Kaapstadstandaard behaal, al is dit moeilik.”
In gesprek met John Steenhuisen: Die kans is nóú
Die federale leier van die DA het vandeesweek openlik (én in Afrikaans) met Maroela Media gesels oor die opposisie se planne vir vanjaar se nasionale verkiesing.
DA se Cachalia bedank
ʼn Dispuut oor Ghaleb Cachalia se uitlatings oor die konflik in Gaza is glo een van vele redes waarom hy besluit het om die party vaarwel te roep.
EFF-lede van aanranding aangekla ná chaos by raadsvergadering
Die EFF het intussen sy weergawe van gebeure uitgestippel, en sê dit is ʼn “rassistiese DA-raadslid” se bedanking die aand voor die raadsvergadering wat tot die uitbarsting tydens die sitting gelei het.
Eskom ‘mislei’ oor beurtkragskedules
Dit is nie die eerste keer dat gerugte die ronde doen dat beurtkrag op veel hoër fases ingestel word as wat amptelik aangekondig word nie.
Gaping tussen ANC en DA vernou tot 7% – aldus DA
Die DA sê hy is nou die naaste wat hy nog ooit was om gelyk met die ANC te wees.
Gee ons krag (en water en werk); só wil DA Gauteng ‘red’
“As Gauteng werk, sal Suid-Afrika werk.”
Cachalia uit DA se skadukabinet geskop
Die party het gesê daar is ooreengekom dat lede van die party hulle sou weerhou van “openbare uitlatings wat daarop gemik is om verdere verdeling aan te blaas” insover die konflik tussen Israel en Gaza, maar dat Ghaleb Cachalia versuim het om dié ooreenkoms na te kom.
Rand Water wys DA die deur: ‘Maak ’n afspraak’
Die DA het Woensdag tydens ’n onaangekondigde oorsigbesoek aan Rand Water nie verder as die voordeur gevorder nie, maar sê die afvaardiging het niks anders verwag nie.
DA onthul eerste verkiesingsplakkate
“In 1994 het ons vir vryheid gestem. In 2024 sal ons stem om Suid-Afrika van misdaad, korrupsie en werkloosheid te red, en uiteindelik om ons land se voortbestaan te verseker.”
DA wil Mbalula agter tralies hê
Die DA gaan ʼn hofaansoek bring om Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, tronk toe te stuur deur gebruik te maak van die einste presedent wat in die Zuma-saak gevestig is. “Dit is tyd dat die ANC leer dat daar gevolge is vir die ondermyning van geregtigheid in Suid-Afrika.”
‘ActionSA steek Brink in rug’ oor stakende werkers, sê DA
Die DA het ActionSA, sy vennoot in die veelpartykoalisieregering in die Tshwane-metro, daarvan beskuldig dat hy burgemeester Cilliers Brink in die rug gesteek en die mat onder die koalisie se voete uitgepluk het. Die twee partye is haaks oor stakende werkers wat dienslewering in Pretoria die afgelope weke lamgelê het.
ANC na hoogste hof oor kaderontplooiingsrekords
Die ANC het “in volskaalse paniek verval terwyl hy probeer om die onvermydelike vrystelling van sy kaderontplooiingsgeheime” te vertraag.
Foto’s: Kapenaars ruk op teen raskwotas in werkplek
Plakkate wat lui ‘Werk vir almal’ en ‘Die ANC soek jou werk’ is Woensdag omhoog gehou terwyl meer as ʼn duisend ondersteuners van die DA na die parlement opgeruk het.
Ramaphosa weet van versoek oor plaasmoorde
“Wetteloosheid het wortelgeskiet op ons plase en in landelike gemeenskappe, maar niks word gedoen om die vlaag aanvalle beslissend te bekamp nie,” sê die DA.
DA-burgemeester verloor kankerstryd
Marlene van Staden is verlede maand met virale breinvliesontsteking in die hospitaal opgeneem, wat ʼn moontlike newe-effek van kanker is.