Soos ʼn see van blou het honderde DA-lede Woensdag die strate van Johannesburg ingevaar en na die hoofkantoor van die ANC opgeruk om teen die voortdurende beurtkrag te betoog.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
DA wil opruk oor ANC se fase 6-beurtkrag
“Daar is slegs een organisasie wat verantwoordelik is vir die ellende en teenspoed wat die elektrisiteitskrisis alle Suid-Afrikaners veroorsaak. Die skuldige party is die African National Congress. Dit is tyd dat dié kriminele organisasie aanspreeklik gehou word.”
DA soek gebeurlikheidsplan sou kragnetwerk vou
“Die DA is terdeë bewus daarvan dat ʼn totale ineenstorting van die netwerk vernietigend vir die ekonomie en lewensbestaan van ons burgers sal wees, daarom is ʼn plan so broodnodig.”
Minister doen ‘steeds niks’ oor geweld teen busse
Die minister van vervoer is al by verskeie geleenthede gekap oor sy versuim om ʼn nasionale aksieplan vir dié soort geweld te formuleer.
DA selfs in Londen op CR se spoor
“Terwyl Suid-Afrikaners fase 5-beurtkrag moet trotseer, sit ons president en drink tee saam met die koning. Ons kan nie eers ’n ketel aanskakel nie.”
Solidariteit verkry kostebevel oor NGV-steunpilaar
Die DA het intussen sy voorneme bekend gemaak om verdere regstappe teen die departement van gesondheid te doen sou die Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp ooit die lig sien.
Aangepaste definisie vir Afrikaans as inheemse taal kom
“Gegewe die wyse waarop hy aanhoudend sy deuntjie verander sal ons nie rus totdat ʼn nuwe definisie, wat Afrikaans as inheems erken, formeel in die Staatskoerant gepubliseer is nie.”
Geen aksieplan vir langafstandbusse se veiligheid
Min. Fikile Mbalula het inteendeel ʼn appèl aangeteken teen die aksieplan wat deur die hof gelas is om geweld teen die Intercape-busdiens hok te slaan.
Kommer oor moontlike brandstofkrisis
Die regering het na 2005 se brandstofkrisis nie daarin geslaag om te verseker dat ʼn strategiese voorraad geraffineerde brandstof geberg word nie, wat ’n ernstige risiko van brandstoftekorte vir die land inhou indien daar ’n groot ontwrigting in die brandstofvoorsieningsketting sou wees.
Vakbonde moet hoes vir skade tydens Transnet-staking
Stakende werkers het glo verlede week paaie in Durban en Richardsbaai versper toe hulle sement in die middel van die pad gegooi het.
DA eerste keer aan bewind in Sentraal-Karoo
Die DA spog nou met ’n 50%-meerderheid in die Prins Albert-munisipaliteit.
Beurtkrag: ‘SA kort kenners, nie politici’
Die DA stel nou voor dat die nasionale energiekrisiskomitee onmiddellik ontbind word.
Verdere stappe teen US oorweeg oor Afrikaans
Die DA het sy teleurstelling uitgespreek oor ’n hofuitspraak rakende die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid en sê hy is reeds besig om verdere opsies in hierdie saak te oorweeg.
DA ‘bekommerd’ oor paneel wat president moet ondersoek
Die amptelike opposisieparty voer aan dat ʼn spesifieke akademikus se betrokkenheid by die paneel die “legitimiteit en integriteit van die hele proses” in gedrang kan bring.
DA-hoofsweep sterf op kantoor
Lorraine Botha is in Mei vanjaar as hoofsweep van die DA se Wes-Kaapse koukus aangestel.
Nuwe adjunk-hoofsweep vir die DA
Dr. Annelie Lotriet is verkies as die DA se nuwe adjunk-hoofsweep in die Nasionale Vergadering.
DA staan vierkant agter Williams
Williams moes vandeesweek behoorlik vure doodslaan oor sy planne met twee ongebruikte kragstasies.
Klagte kom teen EFF ná raadsgeveg
Die DA voer aan dat sy lede deur die EFF “aangeval en geïntimideer” is – veral sy vroueraadslede.
Cele se kop geëis oor verkragting-uitlating
Bheki Cele, minister van polisie, het tydens ʼn onderhoud gesê dat een van die slagoffers, ʼn 19-jarige vrou, “gelukkig was om deur een man verkrag te word”.
Weg met lemmetjiesdraad by parlement, vra DA
“Hoewel ons saamstem dat die parlement beskerm moet word, veral in die lig van die brand wat die Nasionale Vergadering in Januarie vernietig het, kan die skending van ’n nasionale erfenisterrein nie die manier wees om dit te bereik nie.”