Adjunkpres. David Mabuza kan nie vertrou word om die span te lei wat Suid-Afrika se grootste energiekrisis moet oplos nie, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
DA eis antwoorde oor Chinese kragaanleg in Limpopo
Pres. Cyril Ramaphosa moet die waarheid praat oor die voorgestelde Chinees-beheerde kragaanleg in Limpopo, het Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, Sondag gesê.
Podlitiek: Eskom oorlaai, Ramaphosa paai en DA sê SEB koebaai
In hierdie week se episode plaas ons die kollig op die groot probleme by Eskom, Ramaphosa se planne om staatsdepartement en provinsies te verminder asook die DA wat terselfdetyd SEB as beleid groet – maar ook nie rêrig nie.
Tshwane het ʼn nuwe burgemeester
Die DA was die enigste party wat tydens die spesiale raadsvergadering ʼn kandidaat benoem het om Solly Msimanga te vervang.
DA se planne vir koalisieregerings
Maroela Media wou by Maimane weet wat die DA se strategie sou wees indien die ANC nasionaal of in sommige provinsies minder as 50% van die stemme trek.
DA vol vertroue vir 3 provinsies ná verkiesing
Die DA is vol vertroue dat hy die meerderheid stemme in drie provinsies sal trek en sy deel van die stemtal nasionaal sal vermeerder in die komende algemene verkiesing.
DA: ‘ANC wil grondkwessie voor verkiesing deurdruk’
“Die ANC het 24 jaar gehad om hierdie ongeregtigheid aan te pak en hy het misluk. Om die Grondwet te verander is maar net ʼn manier om vir die ANC tyd te wen sodat die party kan voortgaan om te plunder terwyl die land in absolute armoede verval.”
Maimane meen verkiesing is referendum oor ANC
“Dinge raak al erger, en dis die ANC se skuld.”
Hof moet ingryp in DA-stryd tussen Zille en Selfe
Die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan moet ingryp in die soveelste DA-binnegeveg in die Wes-Kaap; hierdie keer tussen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, en die voorsitter van die DA se federale dagbestuur, James Selfe.
DA wil BLF se deelname aan verkiesing stuit
“Die OVK kan nie met ʼn goeie gewete aanvaar dat ʼn party, wat homself verlustig in die afsterwe van leerders by Hoërskool Driehoek, op die stembrief geplaas en die geleentheid gebied word om aan die land se verkiesing deel te neem nie.”
Oos-Kaap-munisipaliteit gaan 12 biblioteke sluit
Die ANC-beheerde Dr Beyers Naude- plaaslike munisipaliteit (Graaff-Reinet) in die Oos-Kaap is van voornemens om Maandag al 12 biblioteke in dié munisipaliteit te sluit.
DA wen belangrike Vrystaatse tussenverkiesing
Die DA het hierdie week ‘n verrassend sterk oorwinning oor die ANC behaal in ‘n taai tussenverkiesing in die Vrystaat.
Podlitiek: Ngwenya, Bosasa en Zille onder die soeklig
Die Podlitiek-span bespreek Ngwenya se bedanking as die DA se beleidshoof, Bosasa se omkoop-gewoel, en Zille se vuur van ’n belastingkoeël.
OB wil Ramaphosa se Bosasa-skenking ondersoek
“Die Bosasa-onthullings het die mite vernietig dat korrupsie in die ANC slegs ʼn kenmerk van oudpresident Jacob Zuma en die Gupta-familie was.”
Geen gronde vir regstappe oor verkiesingsplakkaat, sê DA
Die DA het ʼn brief van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se prokureur ontvang ná die ANC ʼn klag gelê het oor ʼn plakkaat van die party met die woorde “The ANC is killing us”.
Nuuskommentaar: Is ras onderliggend aan bedanking van DA se Gwen Ngwenya?
Het die DA se eie “krokodil” hom nou seer gebyt met die bedanking van sy beleidshoof, Gwen Ngwenya?
Podlitiek: Facebook geskok, DA se onderrok en by Coligny gejok
Hierdie week bespreek Podlitiek vier van die gebeure in hierdie kontrasterende tye, naamlik die skokkende Facebook-video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny-moordsaak, asook gebeure in Zimbabwe.
‘DA-kiesers moet ANC, EFF uit die Wes-Kaap hou’
Die DA se premierskandidaat vir die Wes-Kaap, Alan Winde, het Maandag gesê die party moet kiesers in die provinsie registreer om seker te maak dat die ANC en die EFF nie aan bewind kom in dié provinsie nie.
DA neem ANC-wyk af in die Wes-Kaap
Woensdag se drie tussenverkiesings in uiteenlopende dele van die Wes-Kaap het aangetoon dat sowel die DA as die ANC sukkel om hul kernkiesers te motiveer, dat die politieke stryd op die Wes-Kaapse platteland hewig gaan wees, maar dat die DA se fut nog nie uit is nie.
Alle politieke fokus op Bonteheuwel
Vandag se belangrike tussenverkiesing in wyk 31 sal ʼn sterk aanduiding gee van hoe die politieke wind vanjaar kan waai vir die bruin stedelike stem op die Kaapse Vlakte.