“Ons glo alle eerlike lede moet bly en saamstaan met ander wat ʼn einde wil sien aan hierdie nagmerrie wat ons land verswelg.”
Alles vir die sleutelwoord "DA"
Robbeneiland Museum se nalatigheid ‘getuig van korrupsie’
Die Demokratiese Alliansie het gesê dit is “ontstellend en uiters kommerwekkend” dat die Robbeneiland Museum nie bewus was van ʼn verslag in 2016 dat die veerboot Thandi “slegs in goeie weerstoestande” gebruik mag word nie.
UDM vandag in hof oor Bobani
Die hooggeregshof in Port Elizabeth sal na verwagting Dinsdag ʼn aansoek deur die United Democratic Movement (UDM) aanhoor om die ontheffing van die voormalige adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai uit sy amp te betwis.
Spioenasiebande-saak ‘nog geensins verby’
Die DA het Maandag gesê pres. Jacob Zuma sal waarskynlik nuwe vertoë aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) rig oor hoekom hy nie op 783 aanklagte van onder meer korrupsie verhoor moet word nie.
DA oorhandig KPMG-verklaring aan Valke vir ondersoek
Die Demokratiese Alliansie het KPMG Internasionaal se verklaring aan die Valke oorhandig om hulle by te staan met hul voortgesette ondersoek oor die omstrede Gupta-familie.
DA kap terug oor Zille se oorsese reise
Helen Zille is skerp gekritiseer oor die aantal oorsese reise wat sy in haar hoedanigheid as premier onderneem.
DA wil OB uit pos laat ontslaan
Die DA het Dinsdag gesê die party eis dat Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), van haar amp onthef word.
‘Gigaba moet sê oor kontrakte met Chinese’
“Die laaste ding wat Suid-Afrika nou kan bekostig, is nog ʼn korrupte multimiljardrand-tendertransaksie tussen regerings.”
Lesse te leer uit die Bell Pottinger-debakel
Die Bell Pottinger-debakel het weereens ʼn duidelike waarskuwing aan buitelandse maatskappye gestuur dat Afrika en sy mense nie op hul baadjies getakseer moet word nie.
Guptas se beeldpoetser skuldig bevind aan ‘erge wanpraktyke’
Bell Pottinger, die Guptas se beeldpoetser, is Maandagaand van sy lidmaatskap aan die Britse skakel-en-kommunikasievereniging (PRCA) gestroop nadat dié vereniging die agentskap se veldtog in Suid-Afrika beskryf het as die ergste voorbeeld van wanpraktyk wat hy nog gesien het.
Gupta se beeldpoetser appelleer
ʼn Beslissing op Bell Pottinger se appèl word Dinsdag verwag.
Debat oor vroeë verkiesing dán gehou
“Gegewe die enormiteit van die uitdagings wat ons in die gesig staar, kan Suid-Afrika dit net nie bekostig om die ANC langer aan bewind te hê nie.”
Nuuskommentaar: Slaggate en voordele van koalisiepolitiek
Die “plaasaanvalmosie” in Mokopane en die afdanking van die Nelson Mandelabaai-metro se UDM-adjunkburgemeester plaas weer die fokus op kwesbaarhede in koalisiepolitiek. Koalisiepolitiek, ook op nasionale vlak, lyk egter al meer onafwendbaar en die kiesers, vir wie die konsep vreemd is, moet solank voorberei word op ’n stelsel wat ook baie voordele inhou.
DA ontken dat hy stilte-versoek vir plaasmoord nié steun
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Woensdag ontken dat hy nié Dinsdag die VF Plus se versoek tydens ʼn raadsvergadering van die Mogalkwena-munisipaliteit vir ʼn oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar van Limpopo gesteun het nie.
ANC-premier spandeer glo R5,1 miljoen op Gupta-media
ANC-premier David Makhura van Gauteng het in reaksie op ʼn vraag van die DA in die wetgewer aangedui dat sy kantoor altesaam meer as R5,1 miljoen aan Gupta-beheerde media spandeer het, het die DA Sondag gesê.
DA nader hof om Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit te daag
Die Demokratiese Alliansie het aansoek gedoen in die konstitusionele hof om direkte toegang te bekom om die besluit van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe toe te staan, te daag.
Guptas se beeldpoetser moontlik beboet
Van Damme het gesê indien die DA se klag nie deur PRCA se professionele praktykkomitee gehandhaaf is nie, sou hulle dit Donderdagmiddag bekendgemaak het.
Koalisieregering in Nelson Mandelabaai in gedrang
DA-leier Mmusi Maimane het Bantu Holomisa, leier van die UDM, se ultimatum om aan die Nelson Mandelabaai-koalisie te onttrek indien die adjunkburgemeester nie weer in sy pos heraangestel word nie, verwerp.
Plastiekpaaie die alternatief vir teerpaaie of ’n teer saak?
’n Voorstel deur die Demokratiese Alliansie in die Oos-Kaap dat ’n loodsprojek begin moet word om die lewensvatbaarheid van plastiekpaaie te toets, is luidkeels deur die ANC afgeskiet.
Goeie nuus vir Pta-gesin ná groot hartseer
“Nou gaan Christo’tjie nie meer net ’n naamlose hopie grond wees nie.”