Dit kom nadat daar Sondag in die media bewerings aan die lig gekom het dat hy sy vrouewerknemers mishandel.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
ANC kap na DA oor sy planne om parlement te ontbind
Die ANC het Woensdagaand teen die DA uitgevaar nadat dié party sy planne om ʼn mosie ter tafel te lê wat vra dat die parlement ontbind word en vroeë verkiesings gehou word, bekend gemaak het.
DA wil parlement ontbind, vroeë verkiesings hou
Mmusi Maimane, DA-leier, het Woensdag tydens ʼn perskonferensie dié uitlatings gemaak. Die mosie sal na verwagting Donderdag voorgehou word.
Mosie van wantroue teen Zille aangehoor
ʼn Mosie van wantroue wat deur die ANC teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, ingestel is, is Donderdag aangehoor.
Mbete vra meer tyd om oor geheime stemming te besluit
Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het meer tyd versoek om ʼn besluit te maak of die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in geheim moet geskied.
Bell Pottinger voor dissiplinêre verhoor geroep
Die DA het Dinsdag bevestig dat die omstrede Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger in Augustus voor ʼn dissiplinêre verhoor moet verskyn om te antwoord op dié party se klagtes dat die maatskappy rassespanning in Suid-Afrika aangewakker het.
Soektog vir Pta se nuwe metropolisiehoof begin
Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van Pretoria, het Dinsdag ʼn beroep op gekwalifiseerde kandidate gedoen om aansoek te doen om Tshwane se metropolisiehoof te wees.
‘Dís hoekom DA-hoës by hospitaal weggejaag word’
Die provinsiale departement van gesondheid het redes bekend gemaak hoekom twee DA-hoës Maandag fisiek daarvan weerhou is om die onkologie-eenheid in die Addington-hospitaal in KwaZulu-Natal te besoek.
Skaduminister fisiek verbied om KZN-onkologie-eenheid te besoek
“Dit lyk asof die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid iets wegsteek. Die arrogansie waarmee Sibongiseni Dhlomo, die LUR vir gesondheid in KZN, die besoek hanteer het, is totaal onaanvaarbaar. Dit is as gevolg van sy beweerde wanbestuur dat honderde kankerpasiënte dood is.”
‘Hopeloos te min ambulanse in Gauteng’
Dit het aan die lig gekom die doelwit vir Gauteng is 1 474 ambulanse, maar dat daar tans net 773 ambulanse is.
‘Mbalula moet publiek inlig oor Valke-diefstal’
Die Demokratiese Alliansie het Sondag die polisieminister Fikile Mbalula versoek om inligting aan die publiek te verskaf oor die inbraak by die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se hoofkantoor in Pretoria.
Guptas het glo toegang tot militêre inligting gehad
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die omvang van die welgestelde Gupta-familie se “web van korrupsie” word al hoe meer duidelik en die minister van verdediging moet aan die parlement die “buitensporige toegang” wat die Guptas tot geklassifiseerde militêre inligting gehad het, verduidelik.
‘Mbete plaas lojaliteit aan ANC voor parlement’
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê speaker Baleka Mbete plaas duidelik die regerende party voor die belang van die parlement en die land wat betref die geheime stemming oor die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma.
DA dien hofdokumente in oor 783 Zuma-aanklagte
“Dit is van uiterste openbare belang dat mnr. Zuma teregstaan op die 783 aanklagte van bedrog, korrupsie, rampokkery en geldwassery waarvan hy beskuldig word.”
ANC vat weer Mogale City
Die ANC is weer aan stuur van Mogale City in Krugersdorp aan die Wes-Rand nadat hul speaker, Patrick Naga Lipudi, Woensdagaand as die uitvoerende burgemeester verkies is.
Belastingbetalers hoes miljoene vir polisiehoës wat niks doen
“Miljoene van belastingbetalers se geld word gemors op twee individue wat duidelik in die eerste plek nie geskik vir hul werk was nie. Hulle word betaal om tuis te bly en met hul vingers te speel.”
‘Nog ʼn Esidimeni-tragedie op pad’
“Personeel van die NRO’s werk sonder vergoeding en sommiges sukkel om inwoners van kos te voorsien. Behoeftige kinders, wesies en mense wat ernstig getraumatiseer is, ly almal hieronder.”
DA-raadslid in Kaapstad doodgeskiet, beloning uitgeloof
ʼn Raadslid van die DA is Woensdagaand ná ʼn vergadering in Kaapstad doodgeskiet.
DA staan OB se bevel teen Absa en SARB teen
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê die openbare beskermer oortree haar magte met die opdrag dat Absa ʼn bedrag van R1,125 miljard, wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank geskenk is, aan Bankorp moet terugbetaal.
Openbare beskermer moet Gupta-verslae vrystel
Die Demokratiese Alliansie het Sondag die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gemaan om verslae vry te stel oor die welgestelde Gupta-familie, en gesê dit sê baie dat sleutel politieke figure nie in een van die verslae genoem word wat Mkhwebane tot dusver vrygestel het nie.