Die konstitusionele hof het Maandag die uitslag van die omstrede Potchefstroomse tussenverkiesing in 2013 ter syde gestel.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
‘Dank Miyeni af en verkoop SAL’
Dit is nie meer verdedigbaar vir die mense van Suid-Afrika om voort te gaan om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en sy voorsitter, Dudu Miyeni, se “deurlopende wanbestuur” te finansier nie.
F- vir Zuma
Die DA se jaarlikse “rapport” oor pres. Jacob Zuma en sy kabinet is deurtrek met die simbool F-.
Motsoeneng se aanstelling wás onwettig
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag die aanstelling van die SAUK se omstrede bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, ter syde gestel.
LUR kap terug oor rassisme-klag
Nancy Sihlwayi, die regerende party se LUR van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap, het met “skok en woede” gereageer nadat die DA ʼn klag van rassisme teen haar ingebring het.
‘R24 miljoen vir luukse voertuie, R0 vir droogtehulp’
Die regering in Mpumalanga het glo R24 miljoen aan luukse voertuie vir tradisionele leiers bestee, maar geen geld vir droogtehulp beskikbaar gestel nie.
Miljoene spandeer aan leë premierswoning
Daar is glo miljoene rande bestee aan instandhoudingswerk soos tuindienste en loodgieterswerk by die Gautengse premier se amptelike woning in Bryanston.
EFF-LP uitgegooi oor ‘wit seun’-uitlating
Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, is uit die Nasionale Vergadering gegooi nadat hy geweier het om sy uitlating terug te trek.
Nuuskommentaar: Maties – Wat van bietjie meer waarheid en waardigheid?
Al hoe meer beskuldigings dat die rektor van die US nie oop kaarte speel om by sy veronderstellings en taalplanne uit te kom nie, vertroebel…
DA verguis PW Botha vir eie gewin
Hermann Giliomee skryf op Politicsweb.co.za die afdanking van Dianne Kohler-Barnard het oor morele posisionering gegaan en het baie min te doen met die verstaan van ons verlede.
Vervoerdepartement bestee glo miljoene aan geskorste werkers
Die departement van vervoer en sy onderskeie entiteite het glo oor die afgelope drie jaar nagenoeg R24 miljoen bestee aan salarisse vir geskorste werknemers.
Zuma moet R4 miljard-vliegtuig skrap, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Sondag president Jacob Zuma gemaan om sy planne, om ʼn nuwe BBP-vliegtuig van R4 miljard aan te skaf, te kanselleer.
DA bring regstappe ná beweerde aanranding deur ANC-lede
Die DA sal regstappe neem nadat sommige van sy lede glo Vrydag deur ANC-ondersteuners aangerand en besteel is terwyl hulle besig was om voor te berei vir die veldtog van die Tshwane-burgemeesterskandidaat, Solly Msimanga.
Lugsoektog na vermiste DA-lid opgeskort
Die lugsoektog na Petro Nel, die adjunkleier van die DA in Noordwes wat langer as ʼn week terug in Nepal vermis geraak het, is opgeskort.
DA wil dringend hof toe oor Motsoeneng
Volgens die DA minag die openbare uitsaaier die hof deur toe te laat dat Motsoeneng elke dag vir werk aanmeld.
PW Botha was nie ál Krokodil nie
Die DA se hantering van een van sy senior leiers, Dianne Kohler Barnard, laat opnuut vrae ontstaan oor die land se vertolking van die verlede. Die NP van oudpres. PW Botha word deesdae alleen verantwoordelik gehou vir die politieke doodloopstraat van die tagtigerjare.
Toekomsberaad: R3,5 miljard-plan vir Afrikaners word goed ontvang
Die Solidariteit Beweging het Saterdag ʼn Helpmekaarplan van R3,5 miljard by sy Toekomsberaad in Pretoria bekend gemaak. Die beraad is deur digby 2 700 afgevaardigdes en lede van die publiek bygewoon.
‘Appèlhof-uitspraak het ingrypende gevolge vir Zuma’
Die DA en Vryheidsfront Plus het gesê die appèlhof in Bloemfontein se uitspraak rakende die magte van die Openbare Beskermer (OB) hou ingrypende gevolge vir pres. Jacob Zuma rakende die Nkandla-skandaal in.
Provinsiale DA-leier vermis in Nepal
“Sy is ʼn toegewyde lid van die party en ons almal hoop vir haar veilige terugkeer.”
Wat het geword van gesonde debatvoering?
Gesonde debatvoering maak, soos in die jare vyftig en sestig, plek vir politieke korrektheid en ʼn oordrewe vrees om as afwykend van die regering se rigting gesien te word.