“Dit is onwaar om sonder meer aan te neem die ou landsvlag beteken vir die meerderheid Afrikaners ʼn terughunkering na apartheid. Die kernvraag is nie wat is polities korrek nie, maar eerder wat is wysheid te midde van al die emosies en politieke bagasie?”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Danie Langner"
Voortrekkers vereer Vryburgse skoolhoof
“Hier kan jy jouself wees, hier is kultuur nie ʼn bedreiging nie, hier is dit nie ʼn rasseding nie. Hier word identiteit deel van die skool en deel van die gemeenskap.”
Chris Lamprecht vereer met Andrew Murray-FAK-toekenning
Chris Lamprecht (88) is verlede week tydens die jaarlikse Andrew Murray-prysfondsgeleentheid in Stellenbosch vereer met die eerste Andrew Murray-FAK-toekenning vir die bevordering van Christelike musiek.
Affies ontvang toekenning van FAK
Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria se A-Minere het Vrydag ʼn prestigetoekenning van die FAK ontvang.
Die Afrikaner en sy koerant
Terwyl talle meningsvormers bekommerd is oor verharding in gesindheid, die polarisering in die Suid-Afrikaanse samelewing en die verdwyning van die middelgrond, is dit ’n legitieme vraag om te wonder in watter mate bou Beeld ’n gemeenskaplike middelgrond of dra Beeld by tot die verharding, vervreemding en polarisasie van sy Afrikanerlesers? skryf dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK.
Basson se argumente rondom Steve se Stem tas mis
Hierdie brief aan Beeld is deur ‘n briljante 17-jarige matriekseun van Komatipoort geskryf na aanleiding van “Die Stem”-debat. Beeld het nie die jong seun se brief geplaas nie. Hy het hom egter nie deur die koerant se subtiele sensuur laat stilmaak nie. Die seun het die brief toe op Facebook geplaas vir almal om te lees, skryf dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, na aanleiding van Frederik van Dyk se brief oor die herrie rakende die sing van Die Stem.
Op die spore van Retief: Die storie agter die Groot Trek Viertrek
Die gedenkboek vertel met woord en beeld die storie agter die storie van die Viertrek Groot Trek.