Die presidensie het Saterdag ʼn verklaring uitgereik om te bevestig dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa betrokke was in alle konsultasies oor die aanstelling van David van Rooyen as die minister van finansies op 9 Desember.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "David van Rooyen"
Van Rooyen: ‘Ek het geen ooreenkomste geteken’
Die voormalige minister van finansies, Des van Rooyen, het Dinsdag ontken hy het enige ooreenkomste onderteken in sy vier-dae lange termyn as hoof van die land se finansies.
Nuuskommentaar: Pravin of nie, Zuma moet trekpas kry om land te red
Die verwydering van pres. Jacob Zuma, of minstens veel meer gerusstellings as die heraanstelling van Pravin Gordhan as minister van finansies, bly noodsaaklik as die land se ekonomie weer kop wil optel. Dit is minstens duidelik dat Zuma se posisie in die ANC nie so onaantasbaar is as wat Zuma self geglo het toe hy Nhlanhla Nene die trekpas gegee het nie.
Nuwe minister van finansies ontken Twitter-uitlatings
David van Rooyen, die nuutaangestelde minister van finansies, het gesê hy is onder geen illusie oor die taak wat op hom wag nie.
Van beleërde oudburgemeester tot minister
Alle oë is op die nuwe minister van finansies gerig wat Donderdag in sy pos ingesweer is nadat pres. Jacob Zuma Nhlanhla Nene onverwags verwyder het.
Uit die bloute, die nuwe minister van finansies
“Die vraag is nou of die tesourie nie as slagoffer van kaderontplooiing geval het nie.”
Nene gepos: ‘’n Jabroer aangestel’
Die verwydering van Nhlanhla Nene as minister van finansies en sy vervanging met ʼn “jabroer” is ʼn “ongelooflik skadelike besluit” in die huidige ekonomiese klimaat.