Pietersen het aan die hof gesê dat daar tydens ʼn vorige voorval gesien is hoe drie mense toegang tot die landgoed verkry het, maar dat die beeldmateriaal slegs een persoon wys. Volgens Pietersen het die man ʼn panga by hom gehad.
Alles vir die sleutelwoord "De Zalze"
Bylmoorde: Hof hoor oor elektriese omheining
Twee veiligheidsbeamptes het vroeër getuig dat die elektriese omheining die aand van die bylmoorde getoets was en dat dit in ʼn werkende toestand was.
Bylmoorde: Buurvrou getuig oor daardie aand
Annelize Taljaard het getuig klank trek ver en sy sou normaalweg gesteur word as mense gelag het of partytjie gehou het.
Bylmoorde: DNS-kenner se kundigheid bevraagteken
Die verdediging se DNS-deskundige in die verhoor teen die moordbeskuldigde Henri van Breda se kundigheid het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof onder die vergrootglas gekom.
Bylmoorde: Kenner sê DNS-monsters is ‘ongeldig’
’n DNS-kenner het Dinsdag getuig dat die meeste van die DNS-monsters wat deur die polisie se forensiese laboratorium ontleed is, “tegnies ongeldig” is.
Bylmoorde: Verdediging se eerste getuie geroep
ʼn DNS-kenner het Maandag getuig dat sy slegs 151 DNS-monsters ontvang het ten spyte van die feit dat 216 monsters bymekaar gemaak is.
Bylmoordesaak uitgestel
ʼn Bloedspatselkenner wat Maandag tydens die moordverhoor van Henri van Breda in die Wes-Kaapse hooggeregshof moes getuig, was nie in staat om in die getuiebank te verskyn nie.
Bylmoorde: Kameras nie toegelaat tydens eerste getuienis
Die staat het aangevoer die eerste getuie se getuienis moet vertroulik bly en daarom mag dit nie regstreeks uitgesaai word nie.
Bylmoorde: Saak lank uitgestel
Die saak is uitgestel aangesien die hof in reses gaan.
Bylmoorde: Hof hoor oor merke in moordhuis
“Ek kan nie presies onthou waar ek op die trappe was toe ek die byl gegooi het nie en ook nie waar presies dit getref het nie.”
[Video] Bylmoorde-verhoor uitgestel
Die verhoor teen die 22-jarige Henri van Breda is Maandag in die hooggeregshof in die Wes-Kaap uitgestel nadat die advokaat wat hom verteenwoordig nie die verrigtinge kon bywoon nie.
Tweede kenner sê Henri se wonde is self toegedien
“Ek vind dit moeilik om te glo dat ʼn aanvaller ʼn wapen in die middel van ʼn struweling sal los.”
Bylmoorde: ‘Henri se wonde nie dieselfde as res van gesin nie’
’n Forensiese kenner het in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig daar was ’n “sterk kontras” tussen Henri van Breda se wonde en die beserings wat die res van sy gesin opgedoen het.
[Video] Bylmoorde: Henri se vingerafdruk op broodmes gevind
‘n Forensiese deskundige het getuig die beserings wat Henri van Breda op die dag van sy familie se bylmoorde opgedoen het, lyk grotendeels asof dit self toegedien is.
[Video] Bylmoorde: Henri se beserings, noodoproep in kollig
Die moordbeskuldigde Henri van Breda het op die dag wat sy familie met ‘n byl vermoor is, heelwat krapmerke en twee snywonde aan sy lyf opgedoen.
[Video] Bylmoorde: Buurvrou getuig oor ‘stryery’
Ure voor die Van Breda-gesin in hulle huis op die De Zalze-landgoed met ʼn byl aangeval is, het ʼn buurvrou harde stemme gehoor wat soos ʼn bakleiery geklink het.
[Video] Bylmoorde: Henri se hare in die kollig
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het getuienis aangehoor van ’n forensiese wetenskaplike van die polisie rakende ʼn haar wat in Marli van Breda se hand gevind is.
Bylmoorde-saak: ‘Ek wil die mense rondom jou vermoor’
James Jahn, Marli van Breda se voormalige kêrel, het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig in die moordverhoor van Henri van Breda.
Bylmoorde-saak: Henri se oom getuig
Henri, wat nog baie min emosie tydens hofverrigtinge getoon het, het ʼn paar trane weggevee terwyl sy oom getuig het.
Bylmoorde-saak uitgestel
Die eerste polisiebeampte wat ná die moord op die toneel aangekom het, sal kruisondervra word wanneer die verhoor weer hervat.