Die regering moet ʼn leidende rol speel en ʼn voorbeeld stel om alle kulture en tale te omarm en om Suid-Afrikaners sodoende te verenig – wat tog die doel van Erfenisdag is. Die sentraliteit van Engels ten koste van die inheemse tale en kulture moet bevraagteken word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Die Stem"
Ramaphosa is reg oor ‘Die Stem’ in SA se nasionale lied
Krap die verbanning van die ou vlag en die moontlike verskuiwing van president Steyn se standbeeld vanaf die Kovsie-kampus aan ons? Natuurlik! Maar laat dit ons moedeloos? Nee!
Meneer die president, gee asseblief ons Stem terug
President Ramaphosa se stelling in die parlement op 24 Mei 2108, dat “Die Stem” nie ’n simbool van Afrikaneridentiteit is nie, maar ’n simbool van diskriminasie, verdrukking en ellende roep om ’n antwoord, skryf dr. Danie Langner van die FAK.
EFF sê weer ‘Die Stem’ moet uit volkslied
Die EFF het opnuut ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om Die Stem-gedeelte uit die nasionale volkslied te verwyder.
Die Stem – Ons moet kreatief dink
Om weg te neem, is nie die antwoord nie. Om te vra of die betekenis van die woorde nog sinvol is, is nie die antwoord nie. Ons kan met nuwe en kreatiewe denke byvoeg tot die Suid-Afrikaanse kultuurskat. Dit is waaruit ons inspirasie moet put.
Steve se Kaboemfees
Die eerste Kaboemfees word op 26 en 27 Augustus aangebied te Modimolle (Nylstroom). Die finale kunstenaarslys word binnekort bekend gemaak.
Steve sing ‘Die Stem’ op nuwe album
Die sanger Steve Hofmeyr beplan om ʼn gedeelte van ‘Die Stem’ op te neem vir sy nuutste album wat in September bekend gestel word, het Beeld Woensdag berig.
Basson se argumente rondom Steve se Stem tas mis
Hierdie brief aan Beeld is deur ‘n briljante 17-jarige matriekseun van Komatipoort geskryf na aanleiding van “Die Stem”-debat. Beeld het nie die jong seun se brief geplaas nie. Hy het hom egter nie deur die koerant se subtiele sensuur laat stilmaak nie. Die seun het die brief toe op Facebook geplaas vir almal om te lees, skryf dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, na aanleiding van Frederik van Dyk se brief oor die herrie rakende die sing van Die Stem.
Woede oor Die Stem is misplaas
Sosiale media is aan’t gons sedert Steve Hofmeyr ’n polities inkorrekte daad gepleeg het deur Die Stem by ’n konsert te sing. Die debat oor óf die sing van die vorige nasionale lied die land verdeel, of nie, is egter misplaas omdat dit die aandag aflei van die harde sake wat Suid-Afrikaners werklik verdeel.
Ramaphosa wil uitreik na Afrikaanses oor die volkslied
Suid-Afrikaanse leiers moet uitreik na Afrikaanssprekendes sowel as ander gemeenskappe rakende hulle bekommernis oor die sing van die volkslied, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa gesê.
R34 m. vir vlae by skole en om volkslied te leer
Die regering gaan R34 miljoen spandeer om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse vlag by elke skool wapper en om almal te leer om die volkslied te sing.
EFF wil glo van “Die Stem” ontslae raak in volkslied
Die VF Plus het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwerp met minagting die oproep van die EFF om weg te doen met Die Stem as deel van die volkslied.
FAK: “Die Stem moet regmatige plek hê by kultuurfeeste”
Die FAK sê in ‘n verklaring “Die Stem” as kultuurlied is steeds ’n kosbare kulturele erfenis vir baie Afrikaners.
Steve sê oor ‘Die Stem’
Die sanger Steve Hofmeyr sê Die Stem is die “mooiste gebed oor ‘n land, haar vreugde, haar trots en haar hoop en wanhoop – ooit.”
Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing
‘n Storm het losgebars omdat Steve Hofmeyr “Die Stem” tydens die Innibosfees saam met nog sewe FAK-liedjies gesing het. Het Steve reg of verkeerd opgetree? Herman Toerien neem die situasie onder die loep.
Herrie bars los ná Steve “Die Stem” sing by Innibosfees
Steve Hofmeyr, sanger en aktivis, het ‘n groot debat op sosiale media ontlok nadat hy Saterdagaand Suid-Afrika se ou volkslied, Die Stem, by die Innibosfees in Nelspruit gesing het.
Die Stem van Suid-Afrika
Die woorde van Die Stem is in 1918 deur CJ Langenhoven geskryf en die gedig is reeds in 1921 deur ds. ML de Villiers getoonset.