ʼn 18-jarige is Sondag in ʼn bad betrap nadat hy by ʼn onderneming in Eldoradopark in Johannesburg ingebreek het.
Alles vir die sleutelwoord "diefstal"
“Tradisionele geneser” vas oor penis-medikasie
ʼn Man, wat homself as ʼn tradisionele geneser voorgedoen het, is in hegtenis geneem in verband met ʼn bedrogspul oor medikasie wat glo ʼn penis kan vergroot.
Huisarres vir man wat by minnares steel
Steven Billington (43) van Claremont in Kaapstad wat juwele ter waarde van meer as R85 000 van sy meisie gesteel het, is Dinsdag tot drie jaar huisarres gevonnis.
Geliefde snuffelhond by PTA-winkelsentrum gesteel
ʼn Groot soektog is van stapel gestuur nadat ʼn snuffelhond genaamd Jack, wat in Duitsland opgelei is om renosterstropers op te spoor, saam met sy eienaar se voertuig by ʼn winkelsentrum in Pretoria gesteel is. Jack is ʼn 10-jarige Duitse korthaar jaghond.
Vermeende diewe aangerand
Twee vermeende diewe is vir huisbraak en diefstal in Kagiso naby Roodepoort in hegtenis geneem nadat inwoners hulle aangerand het.
Man vas ná hy glo op borg moor
ʼn Man van Lenasia wat glo by ʼn padwoedevoorval betrokke was waar ʼn man doodgeskiet is, is Donderdag in hegtenis geneem.
Rekenmeester het geld by vigswesies gesteel
Allan Mark Leaser (47), ʼn rekenmeester met ʼn dobbelprobleem, is Maandag in ʼn hof gevonnis nadat hy van die Anglikaanse Vigs- en Gesondheidsorgtrust gesteel het.
Man vas oor springstof
ʼn Man van Mosambiek is in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes met springstof betrap, het die polisie in Noordwes Vrydag gesê.
Video: Dief word toe self beroof – twee keer!
Beeldmateriaal van ʼn dief in Sao Paulo, Brasilië, wat self twee keer beroof word, doen weer die ronde op sosiale media.
Vier verkeersbeamptes vas na jaagtog
Vier verkeersbeamptes is in Eldorado Park, in die suide van Johannesburg, in hegtenis geneem op aanklag van roof, afpersing en diefstal.
Seun vas oor diefstal uit karre by BFN-kerk
ʼn 11-jarige seun verskyn Woensdag in die landdroshof in Bloemfontein nadat hy glo selfone uit motors by ʼn kerk gesteel het.
Vier vas vir diefstal van mangatdeksels
Vier mense is in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat 18 staal-mangatdeksels tydens ʼn klopjag by ʼn skrootwerf opgespoor is.
Niemand glo by Sun City afgedank nie
Sun International het Sondag gesê geen personeellede is by die Sun City-oord in Noordwes afgedank nie.
Diewe laat staan bakkie toe hulle kind opspoor
ʼn Pa en sy negejarige seun is vinnig in Delmas herenig nadat sy bakkie, met die kind daarin, voor ʼn winkel gesteel is. SMS’e wat die ronde doen oor ʼn baba wat ontvoer is, is nie die waarheid nie. Lees die berig vir meer besonderhede.
Gesteelde goedere in sy meisie se huis gevind
Die polisie van Virginia in die Vrystaat het vuurwapens, horlosies en ‘n stuifsproeier opgespoor in ʼn vermeende dief se meisie se huis toe hulle op ʼn wenk reageer het.
Vroue vas oor vulstasie-diefstal van R2 miljoen
Wilhelmina Burger (58) en Sandra Nelson (64) verskyn na verwagting Woensdag in die hof nadat hulle glo meer as R2 miljoen gesteel het toe hulle by ʼn vulstasie in Milnerton, Kaapstad, gewerk het.
Een verdagte doodgeskiet, drie vas oor sakeroof
Een verdagte is doodgeskiet en drie in hegtenis geneem tydens ‘n sakeroof Maandag by ʼn winkel in Tongaat, KwaZulu-Natal.
Mans sit lank nadat hulle platinum wou steel
Ses mans is Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth swaar vonnisse opgelê nadat hulle skuldig bevind is aan moord en diefstal
Ladysmith-man vasgetrek na hy glo R250 000 steel
ʼn 39-jarige man van Ladysmith is Donderdagoggend by sy meisie se huis aangekeer nadat hy glo R250 000 van ʼn maatskappy gesteel het.
Raaisel oor gesteelde ambulans
Die polisie en eienaar van ʼn privaat ambulansdiens probeer nog steeds bepaal wie ʼn ambulans sou steel, berig Krugersdorp Nuus.