Peet du Plessis, die man se regsverteenwoordiger, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy kliënt, ʼn inwoner wat buite die dorp bly en in die boubedryf is, is in aanhouding by die Lichtenburg-polisie.
Alles vir die sleutelwoord "dienslewering"
15-jarige tydens Lichtenburg-onluste doodgeskiet
“Hoewel die skieter nog nie in hegtenis geneem is nie, is sy identiteit bekend en werk die polisie hard om hom aan te keer.”
Betogers maak weer amok in Lichtenburg
“Daar is onbevestigde gerugte dat ʼn betoger glo deur ʼn motoris doodgeskiet is. Daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid na die dorp ontplooi en die situasie is gespanne.”
[Video’s] Polisieman slaap, ander een ‘doen’ hare
Twee video’s het aan die lig gekom ʼn dag nadat Fikile Mbalula, die minister van polisie, ʼn beroep op die publiek gedoen het om swak dienslewering en ongerymdhede by polisiestasies landwyd aan die groot klok te hang.
Veldtog volg op video van beampte wat op telefoon boer, mense ignoreer
“Ons moet die vrot appels in die polisiegeledere by die naam noem en aan die kaak stel” – Fikile Mbalula, minister van polisie.
[Video] Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag
“Die video beeld uit dat ʼn polisiebeampte voorkeur verleen aan persoonlike behoeftes bó dié van ʼn lid van die publiek.”
Vyf vas ná gewelddadige betogings, MP-skole afgebrand
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige diensleweringsbetogings wat reeds daartoe gelei het dat geboue by minstens twee skole in die Bosbokrand-omgewing van Mpumalanga aan die brand gesteek is.
Betogings: Vonke spat in Limpopo
Brande is Woensdagaand in twee Limpopo-dorpe gestig, by ʼn huis en ʼn laerskool, vermoedelik deur ontstoke inwoners wat oor dienslewering betoog.
Weste van Pretoria weer kalm
Alle strate en die Daspoorttonnel, in die weste van Pretoria, wat Woensdagoggend vir verkeer moes sluit weens gewelddadige betogings, is weer oopgestel.
[Foto’s] Betogers maak amok in Pta-woonbuurt
ʼn Groep ontstoke inwoners van die Gomora-informele nedersetting het Woensdagoggend die strate in die weste van Pretoria ingevaar om glo oor dienslewering te betoog.
‘Betogers’ teiken Modimolle-burgemeester; skole sluit
Die burgemeester van Modimolle (Nylstroom), Elizabeth Lekalakala, se huis is Dinsdag in die vroeë oggendure deur ʼn groep beweerde betogers beskadig te midde van spanning in die gebied oor ʼn gebrek aan water. Die spanning het veroorsaak dat verskeie skole en ondernemings Dinsdag hul deure moes sluit.
Limpopo-betogings: Vermy dié paaie
Die polisie het Vrydag ʼn beroep op die publiek gedoen om sekere paaie in Limpopo te vermy weens gewelddadige diensleweringsbetogings.
Beweging se Tienpunt Diensleweringsplan vir toekoms
ʼn Omvattende plan om te sorg dat dienslewering verbeter, vorm deel van die Solidariteit Beweging se beplanning wat by eerskomende Saterdag se Toekomsberaad bekendgestel gaan word.
Suid-Afrika is nié die enigste land met woede en ontevredenheid
Dis in sulke omstandighede dat kiesers na populistiese, ekstremistiese strooihalms gryp. Hulle stem nie noodwendig saam met Trump, Corbyn of Le Pen se wilde voornemens nie, maar hulle is woedend vir die onbetroubare establishment en wil ’n boodskap uitstuur.
Bloemhof-onluste: “Polisie werk saam met betogers”
Raadslede van die Lekwa Teemane-munisipaliteit het die polisie daarvan beskuldig dat hulle met betogers van Boitumelong, Bloemhof in Noordwes saamwerk.
Video: Onluste in Christiana en Bloemhof
Die onluste in Noordwes het sy eerste slagoffer geëis ná dit van Bloemhof na die buurdorp Christiana oorgespoel het. Inwoners hier het verlede week begin plunder en die ontbinding van die plaaslike owerheid geëis.
SMS-gerugte oor Bloemhof onwaar
Die polisie in Noordwes het bevestig dat ʼn boodskap wat op sosiale media oor dreigende gevaar in Bloemhof versprei word, onwaar is.
Tiener in Bloemhof doodgeskiet
ʼn Tienerseun is Woensdag in Christiana in Noordwes tydens gewelddadige betogings in die Bloemhof-omgewing doodgeskiet.
Zuma sê diensleweringsbetogings nog oorblyfsels van apartheid
President Jacob Zuma het Dinsdag die hoeveelheid gewelddadige diensleweringsbetogings wat hy die afgelope vyf jaar in sy amp waargeneem het, veroordeel.
Nuuskommentaar: Ken jy (nog) die land…? Verhaal van die liedereskat
Teen gister het die gewelddadige diensleweringsbetogings reeds soos vallende domino’s na drie provinsies uitgebrei. Toe het nege mense reeds die lewe gelaat.