“Hulle kon nie opkom nie en was baie maer en verhonger. Die perde was ook totaal gedehidreer.”
Alles vir die sleutelwoord "dieremishandeling"
Klag teen eienaar gebring oor skoktoestand van perde
“Hulle gebruik doringdraad en stokke met dorings om die perde mee te slaan sodat hulle vinniger hardloop. Hulle ry selfs die perde wanneer hulle net ses maande oud is.”
Regstappe oorweeg ná DBV honderde diere uit skuiling verwyder
“Die diere is aan hul eie genade oorgelaat. Hulle het aan alles van leukemie tot diarree gely.”
Duisende teken petisie ná klapper in hond se bek ontplof
“Dis ʼn bewese feit dat mense wat diere mishandel, dikwels daartoe oorgaan om mense te mishandel.”
Parys-DBV van dieremishandeling beskuldig
“Ongelukkig was die hondjie se toestand so swak dat die veearts besluit het genadedood was al raad om die lyding te beëindig.”
DBV sê oor dieremishandelingsgerugte by Pta-spogskool
Die DBV se ondersoek volg ná bewerings aan die lig gekom het dat leerders glo die rotte en hoenders geskop, mishandel en op hulle getrap het as deel van die sogenaamde “40 days”-viering.
Bewerings van dieremishandeling by Pta-spogskool ondersoek
Volgens bewerings op sosiale media het leerders glo rotte asook hoenders na die skool geneem en is die diere deur leerders geskop, op getrap en mishandel.
Gerrie Nel gaan saak van dieremishandeling privaat vervolg
Die NDBV het in Julie 2014 ʼn klagte ontvang en op een van die wreedste gevalle van dieremishandeling in die organisasie se bestaan afgekom.
DBV wil Modise privaat vervolg
“Dit is een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die NDBV nóg gesien het.”
Verwaarloosde honde vreet aan ander hond se karkas
“Dit is beslis een van die ergste gevalle van dieremishandeling wat ek in ʼn baie lang tyd gesien het. Om te dink jy is so verhonger dat jy aan jou maat moet vreet, is werklik onbeskryflik.” WAARSKUWING: Die inhoud en foto’s van die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Vier agter tralies oor donkie-gruwelgeval
Vier mans is vandeesweek tot tronkstraf gevonnis vir ʼn geval wat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) as ʼn gruwelgeval beskryf, waarin minstens 41 donkies erg mishandel is.
Seuns verkrag glo hond in veld
Die Hebron-polisie, noord van Pretoria, ondersoek ʼn saak van bestialiteit nadat ʼn groep seuns na bewering verlede week ʼn teefhond in ʼn veld verkrag het.
Hondjie lewend geslag vir ‘ritueel’
WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is baie grafies van aard en is nie geskik vir sensitiewe lesers en kinders nie.
Man skuldig ná hy hond in slagyster laat ly
Mvula Isaac (48), ʼn inwoner van Verkeerdevlei in die Vrystaat, is skuldig bevind aan dieremishandeling nadat hy verlede jaar ʼn hond in ʼn slagyster gevang en vir ses ure lank laat ly het.
Bebloede honde op bakkie nog nie opgespoor
Die Sandton Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Maandagaand gesê hy doen steeds alles in sy vermoë om die bebloede honde op te spoor wat verlede Dinsdag agter op ’n bakkie in Johannesburg vervoer en glo reeds landuit is.
DBV ‘hoopvol’ in soektog na bebloede honde op bakkie
Die Sandton Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Donderdag gesê hy doen steeds alles in sy vermoë om die bebloede honde op te spoor wat Dinsdag agter op ’n bakkie in Johannesburg vervoer is en glo reeds landuit is.
Foto’s: Man ry met mishandelde honde op bakkie
Die Sandton Dierebeskermingsvereniging (DBV), in samewerking met die Yeoville-polisie, is op die spoor van ʼn man wat Dinsdag in Johannesburg afgeneem is waar hy twee mishandelde honde in die openbaar agter op ʼn bakkie vervoer het.
Yorkies in haglike toestande by Pta-‘agterplaasteler’ aangetref
Die Tshwane Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Donderdag op talle honde van ʼn “agterplaasteler” in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, beslag gelê. Die meeste van dié honde moes van kant gemaak word nadat hulle glo in haglike toestande aangehou is.
Man slaan glo bok dood
ʼn Man van Mpumalanga het Woensdag vlugtig in die hof verskyn nadat hy glo ʼn bok doodgeslaan het en die gru-daad op video afgeneem is.
Man gestraf ná DBV 11 windhonde van kant moet maak
ʼn Man is Donderdag in die Vryheid-landdroshof in KwaZulu-Natal skuldig bevind en tot tronkstraf of ʼn boete gevonnis op aanklag van dieremishandeling.