Trump se jongste uitlating het wyd opslae gewek dermate dat ʼn hutsmerk in dié verband Vrydag een van die mees gebruikte hutsmerke op Twitter was.
Alles vir die sleutelwoord "Donald Trump"
Hervorming in Iran moet deur bevolking self gedryf word
Die beste antwoord vir Iran is geleidelike demokratisering en hervorming gedryf deur ’n jong, ambisieuse bevolking. Revolusie wat deur Westerse magte aangemoedig of selfs gedryf word, het die afgelope paar jaar reg oor die Midde-Ooste klaaglik misluk en sal ook in Iran rampspoedig wees.
Nuuskommentaar: Prestasie en kwalifikasie
Is ’n hoë intellek en goeie kwalifikasies ’n voorvereiste om ’n suksesvolle regeringshoof te wees? Twee boeke wat opslae maak en twee presidente onder die loep neem, gee sekere insigte.
Nuuskommentaar: Is Trump of twiet, of enigeen die probleem?
President Donald Trump van die VSA het met sy voorliefde vir Twitter, en die twiets waarmee hy sy vyande gereeld aandurf, deel van die internasionale arena geword. Maar is Twitter ’n geskikte instrument om internasionale politiek mee te bedryf?
Nuuskommentaar: 2017 in ’n neutedop (Deel 2)
Plaasmoorde, en veral die hou van Swart Maandag, het vanjaar baie aandag in die nuus gekry, ondersteuners en opponente van pres. Donald Trump stamp nog koppe oor of hy meer goed as skade doen, en Mugabe is as politieke faktor verwyder. Dis maar enkele nuushoogtepunte van die jaar.
Trump-aankondiging oor Jerusalem behoort nie te verras
Die proses om ’n meer permanente vredesoplossing tussen Israel en die Palestyne te kry en die moontlikheid van die totstandkoming van ’n Palestynse staat, word nie werklik deur Trump se aankondiging in die wiele gery nie.
Isis dreig met nog aanvalle ná Jerusalem-besluit
Die Islamitiese Staat (Isis) het gedreig om nog aanvalle in die VSA uit te voer in reaksie op pres. Donald Trump se besluit om Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken.
Trump se Jerusalem-besluit sal tot erge geweld lei, sê ANC
“Die aankondiging is ʼn aansienlike terugslag in ʼn reeds breekbare proses om vrede te verkry. Dit is deur amper elke wêreldleier, behalwe die eerste minister van Israel, veroordeel.”
SA kap na Trump oor Jerusalem-besluit
“Hierdie verregaande besluit bewys die vlak van agteruitgang van die Trump-administrasie en die Amerikaanse politieke stelsel in geheel.”
Nuuskommentaar: Status van Jerusalem nou weer ʼn vonk
Gaan pres. Trump se besluit om die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te verskuif werklik internasionaal die Midde-Ooste laat ontplof, of gaan daar ’n kortstondige storm in ’n teekoppie wees? En gaan Suid-Afrika dit nou as verskoning gebruik om diplomatieke betrekkinge met Israel op te skort?
Trump kan Jerusalem dalk erken as Israel se hoofstad
Die Amerikaanse president Donald Trump oorweeg tans of hy formeel Jerusalem sal erken as Israel se hoofstad, maar het nog nie ʼn besluit geneem of die Amerikaanse ambassade uit Tel Aviv geskuif sal word nie.
Noord-Korea se missieltoets toon VSA is binne bereik
Noord-Korea het gesê hy het ʼn kragtige nuwe interkontinentale ballistiese missiel (ICBM) suksesvol getoets wat die hele binneland van die VSA kan bereik.
Wat op aarde gaan in Saoedi-Arabië aan?
Die jong kroonprins Mohammed bin Salman het reeds in drie maande meer gedoen om die konserwatiewe Saoedi’s se hok dramaties te skud as in meer as 80 jaar wat die Saoediese koningshuis dié olieryke koninkryk beheer.
Nuuskommentaar: ‘Ooskusmuur’ teen Trump?
Is die Demokrate nou in opmars na hul oorwinnings in Virginië en New Jersey, asook die burgemeestersverkiesing in New York, of lê aanstaande jaar se middeltermynverkiesing nog te ver? Voer dit die totale aanslag teen pres. Donald Trump enigsins verder?
Twee internasionale petisies teen moorde in SA
Twee petisies is op die Withuis se “We The People”-blad begin rakende plaasmoorde en geweldsmisdaad in Suid-Afrika.
Werk kwyt ná sy vir Trump die vinger wys
“Hy het verbygery en my bloed het net begin kook….”
Trump tydelik op Twitter gesnoer
Sedert Trump se verkiesing is daar voortgesette versoeke aan dié sosialemediareus gerig om Trump se rekening op te skort.
Trump maak fout met aanval op Iran
Trump se bewering dat Iran regoor die wêreld chaos saai is selfs meer verregaande as party van sy ander ongefundeerde opmerkings van die afgelope paar maande.
Waarop stuur onmin tussen die VSA en Noord-Korea af?
Hoe raak die woorde-oorlog tussen pres. Donald Trump en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen die gewone Amerikaner, en kan dit die kanse op ’n oorlog verhoog?
‘Rocket Man’, ‘versteurde Trump’ speel gevaarlike spel
Trump dreig om Noord-Korea met die grond gelyk te maak, terwyl Kim Jong-un sê die VSA sal dit berou.