ʼn Bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler is Donderdag in die vroeë oggendure in die ouderdom van 85 oorlede.
Alles vir die sleutelwoord "dood"
Tom Clancy, meester van speurverhale, sterf
Die skrywer Tom Clancy, bekend vir boeke soos The Hunt for Red October en The Sum of all fears, is Dinsdag oorlede.
Baba-sterfte: Ouers kry 18 jaar
Die paartjie wat skuldig bevind is aan strafbare manslag ná die dood van hul tien maande oue babadogtertjie is Woensdag in Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Twee wat in vliegongeluk sterf se name bekend
Die twee mans wat dood is nadat hul ligte vliegtuig Sondagoggend by ʼn vliegveld in Klerksdorp in Noordwes neergestort het, se name is bekend gemaak.
Man vas vir Despatch-moord
Twee polisiebeamptes het Saterdagoggend ʼn verdagte aangekeer nadat ʼn 30-jarige man van Despatch naby Uitenhage in die Oos-Kaap vermoor is.
Australiër in duikongeluk dood
Familielede van ʼn Australiese vrou, wat vandag in ʼn dekompressie-ongeluk in Durban oorlede is, ontvang traumaberading by die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).
Gru-vonds by Montecasino
Die ontbinde liggaam van ʼn man is oor die naweek in die kattebak van ʼn motor by Montecasino in Gauteng gevind.
Nairobi-winkelsentrumskietery: Weermag gryp in
Die weermag ondersteun die Nairobiese polisie om die aanval deur minstens vyf gewapende mans by die Westgate-winkelsentrum te beëindig.
Minstens vyftien dood in Nairobi-winkelsentrumskietery
Die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia het vanoggend in ’n slagveld verander toe minstens vyf onbekende, gewapende mans die winkel ingestorm en links en regs begin skiet het.
Farlam kap polisie oor Marikana
Die Farlam-kommissie het die afgelope tien dae bewyse gevind wat daarop dui dat die polisie inligting van die kommissie weerhou het.
Die bokslegende, Ken Norton, sterf
ʼn Voormalige bokskampioen, wat beskou word as een van die grootste swaargewigte van sy era, is gister oorlede.
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Die vragmotorbestuurder Sanele Goodness May, ʼn 23-jarige man van Swaziland wat Donderdagaand die dood van 22 mense veroorsaak het, het vandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.
Welkom-polisie soek ooggetuie van noodlottige ongeluk
Die polisie van Welkom in die Vrystaat het Woensdag ʼn beroep gedoen op die bestuurder van ʼn wit afleweringsbakkie om na vore te kom nadat ʼn noodlottige ongeluk tussen ʼn Mercedes Benz en ʼn motorfiets in Julie in die dorp plaasgevind het.
Honde word vir dood blameer
‘n Man van die Noord-Kaap is Maandag dood aangetref nadat hy op ‘n plaas naby Jan Kempdorp glo deur drie bulterriër aangeval is, het die polisie gesê.
Hoof van BP SA sterf
Gerard Derbesy, die hoof uitvoerende beampte van BP Suid-Afrika is Woensdag oorlede.
Nuwe inligting oor Diana se dood
Die polisie in Brittanje ondersoek glo nuwe inligting wat hulle onlangs ontvang het oor die ongeluk waarin prinses Diana en Dodi Al Fayed in 1997 omgekom het.
Vakbondverteenwoordiger by Marikana doodgeskiet
ʼn Vakbondverteenwoordiger van NUM is Maandag by Lonmin se Marikana-myn buite Rustenburg doodgeskiet.
Bekendes treur saam Waldemar Schultz en Ira oor seun se dood
Huldeblyke en boodskappe van ondersteuning stroom in vir Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, en sy vrou Ira Blanckenberg, oftewel Erika Landsberg ook van 7de Laan, nadat hul 14-jarige seun, Kieran, die naweek per ongeluk na sy dood geval het.
Ouers bly in aanhouding ná kleuter sterf
Die ouers van die driejarige Olivia van Voeght van Kaapstad wat op 30 Julie vermis geraak het, sal vir die volgende twee weke aangehou word tot hul volgende hofverskyning.
Egpaar dood, baba beseer in kabelkarretjie-ongeluk
‘n Egpaar is dood en hul eenjarige ernstig beseer toe hul kabelkarretjie in Switzerland ontspoor het.