“Dit is kommerwekkend dat die strafregstelsel tans in sommige gevalle met dubbele standaarde toegepas word wat rassisme skep en bevorder.”
Alles vir die sleutelwoord "doodskis-video"
Nuuskommentaar: Doodskiste, spoedwalle en brûe met ras
In die ras-gelaaide Suid-Afrikaanse atmosfeer kan ’n ondeurdagte optrede of glips die oortreder baie dieper in die sop laat beland as wat die persoon of persone ooit kon droom. Fokus liefs op die bou van brûe, sodat die spanning, wat minstens deels deur die regering se rasbeheptheid en rasdiskriminerende wette teweeg gebring word, ontlaai kan word.
Doodskis-video: Twee hoor dan hul lot
Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die beskuldigdes in die berugte doodskisvideo-saak, is Vrydag in die hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind op verskeie aanklagte.
Doodskis-video: Uitspraak gelewer
Die Middelburg-hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydagoggend uitspraak gelewer in die saak teen Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die twee beskuldigdes in die opspraakwekkende sogenaamde doodskis-video-saak.
Doodskis-saak: Uitspraak verwag
Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die beskuldigdes in die veelbesproke doodskisvideo-saak, gaan na verwagting vandag [Vrydag] hul lot in die Middelburg-hooggeregshof hoor.
Doodskis-video: Uitspraak binnekort gelewer
“Terwyl Mlotshwa in die kis was, het die hof self gesien hoe hulle probeer het om die kis toe te maak. Hy sou versmoor het en dood gewees het as hulle die kis toegemaak het.”
Doodskis-video: Jackson gepols oor koperkabels
“Hierdie ou dreig om jou familie dood te maak maar jy vat hom nie polisie toe nie, hoe wil jy hê moet die hof dit glo?”
Doodskis-video-saak: ‘Dis hoekom ons video maak’
Theo Martins Jackson, een van die beskuldigdes, het Donderdag in die hof getuig.
Doodskis-video-saak: Slagoffer se ma getuig
Die verdediging het intussen haar getuienis in twyfel getrek.
Doodskis-video: Hof hoor oor beskuldigdes se selfone
Die staatsaanklaer het dit aan die ondersoekbeampte gestel dat ʼn foto wat intussen as bewysstuk by die hof ingedien is van Oosthuizen se selfoon afkomstig was. “Hoe? Hulle het dan aan my gesê die foon is gesteel?” het sy geantwoord.
Doodskis-video-saak: Kis glo ook voorheen gebruik
“Jy het hulle gesmeek om jou eerder aan te rand as om jou polisie toe te vat, maar hulle het volgehou en toe het jy hulle begin dreig.”
Doodskis-video: Hof hoor beskuldigdes se weergawe
“Ek kan nie op die foto enige bewyse van die ‘wrede’ aanranding wat glo plaasgevind het voor jy in die kis ingedruk is, sien nie. Kan jy dit verduidelik?”
Doodskis-video-saak: Langer video in hof gewys
“Wil jy vinnig doodgaan of stadig? Voor in die bakkie is ’n lighter. Jy wil mos k*k praat, dis die laaste keer wat jy praat, nou praat jy k*k, kom klim! Jy f****n wil mos.”
Doodskis-video: Mlotshwa in trane in getuiebank
“Ek was so bang. Ek het hulle aanhou vra wat gebeur, maar hulle het my nie geantwoord nie.”
Doodskis-video: Ander man vertel van ‘aanranding’
“Hy het gesê terwyl hulle [Willem Oosthuizen en Theo Martins Jackson] hom van links en regs af geskop het, het een van hulle gesê ‘daar is ʼn ander k**** hier op die plaas’.”
[Foto’s] Doodskis-video-saak: Regter, beskuldigdes besoek toneel
Die tweede dag van die veelbesproke doodskis-video-saak het Dinsdag met ʼn ondersoek ter plaatse in die Blinkpan-omgewing buite Middelburg in Mpumalanga afgeskop.
Doodskis-video: Eerste staatsgetuie getuig
“Ek het vir Jackson gekonfronteer en vir hom gesê hy kan nou daardie doodskis hou, want dit was nou sy eie.”
Doodskis-video: Twee hoor oor borgtog
“Willem se babatjie was twee maande oud toe hy in hegtenis geneem is; daai kind loop al amper,” het Coertze gesê.
Doodskis-video: Twee vra weer borgtog
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) word daarvan beskuldig dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het.
Doodskis-video: Saak nou na hooggeregshof
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan nog langer in aanhouding moet wag om verhoor te word.