Dr. Anton Prinsloo, geliefde taalmeester, outeur, omroeper en oudvoorsitter van die Taalkommissie, is Dinsdagaand in die ouderdom van 77 oorlede ná ʼn lang siekbed.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Dr. Anton Prinsloo"
Allegaartjie 2 – Program 122
Dr. Anton Prinsloo praat vir oulaas oor Afrikaanse spreekwoorde. Ons vertel jou meer van Money4Kids wat kinders die waarde van geld leer en kuier by die akteur, Alvin Bruinders.
Allegaartjie 2 – Program 117
Anton Prinsloo gesels oor die invloed van die Groot Trek en landbou op die Afrikaanse taal. Ons volg ook op met van die wenners van die ATKV se Senior Burger talentkompetisie en kuier by Jaco van Wyk.
Allegaartjie 2 – Program 112
Dr Anton Prinsloo vertel meer van die interessante oorsprong van ʼn paar Afrikaanse spreekwoorde. Wicus Pretorius gesels oor Huisgenoot se Tempo-toekennings en ons kuier by Ghapi.
Allegaartjie 2 – Program 107
Dr Anton Prinsloo vertel jou van Afrikaanse spreekwoorde uit die Griekse mitologie en Franse fabels. Ons bring vir jou ʼn insetsel oor ʼn nuwe Afrikaanse blokkiesraaisel toep en gesels met Liza Brönner oor haar rol in die musiekblyspel van Liefling.
Allegaartjie 2 – Program 102
Dr Anton Prinsloo gesels oor die Noord-Kapenaars se kleurvolle gebruik van Afrikaans. Izak de Vries bespreek Juniemaand se Lekkerlit-boek en ons vertel jou meer van die Fine Brandy Fusion geleentheid.
Allegaartjie 2 – Program 92
Ds Henk Gous bespreek die behandeling van depressie by kinders. Ons skop ʼn reeks oor die Afrikaanse taal af en Barry Pretorius vertel jou meer van die Afrikaans is Groot konserte.