‘Staande ovasie’ bevat vier moderne eenbedrywe wat tot ʼn wye gehoor spreek, veral hoërskoolleerders wat op soek is na gepaste tekste vir toneelopvoerings.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "dramateks"
Boek: ‘Nêrens Noord-Kaap’ nou ook op die boekrak
‘Nêrens Noord-Kaap’ deur Nico Scheepers het in 2017 by die US Woordfees gedebuteer met De Klerk Oelofse, Geon Nel en Albert Pretorius in die hoofrolle. Dit het in dieselfde jaar die toekenning vir beste nasionale debuut by die Vrystaat Kunstefees en later die kykNET-Fiësta vir Ensemblewerk gewen.
Boek: ‘Wild’ en ‘Klippe wat val’
In 2017 is “Wild” vir ʼn ATKV-Woordveertjie benoem vir beste dramateks en in 2019 het “Klippe wat val” dié toekenning gewen. Lees meer oor Philip Rademeyer se dramas.
Boek: Die ontelbare 48
Die ontelbare 48 is ʼn solostuk uit die pen van Wessel Pretorius. Dit is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. ’n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.