Beeste in die droogtegeteisterde gebied van Matiane in Limpopo het inentings teen bek-en-klouseer begin kry.
Alles vir die sleutelwoord "droogte"
Fonds gestig om boere te help
Agri SA het Woensdag aangekondig dat hy kragte met ʼn toonaangewende maatskappy gesnoer het om ʼn fonds te stig om boere by te staan in die huidige droogte wat as een van die ergste natuurrampe die afgelope 20 jaar beskou word.
Luister: Boere in Nood-projek gryp tydens droogte in
NC Schoombee, ʼn 27-jarige man van die Bethlehem in die Vrystaat, het onlangs ʼn Facebook-groep begin om boere te help wat gebuk gaan onder die droogte wat tans in Suid-Afrika heers.
‘R24 miljoen vir luukse voertuie, R0 vir droogtehulp’
Die regering in Mpumalanga het glo R24 miljoen aan luukse voertuie vir tradisionele leiers bestee, maar geen geld vir droogtehulp beskikbaar gestel nie.
R114 miljoen vir droogte in KZN
Die departement van landbou en landelike ontwikkeling in KwaZulu-Natal is besig om ʼn R114 miljoen te bewillig vir boere wat deur die droogte geteister word.
R96.6 miljoen vir droogte-verligting
Die regering sal nog R96.6 miljoen beskikbaar stel om met droogteverligting landswyd te help, het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê.
Droogte nie ʼn nasionale ramp, sê Zuma
President Jacob Zuma het Donderdag gesê die regering is nog nie gereed om die droogte, wat ʼn groot deel van die land teister, as ʼn nasionale ramp te verklaar nie.
Luister: Boer se gedig vir reën raak harte
“Ek skreeu verwoed en verdors na die hoogste. O Heer, waar sal my reën vandaan kom.”
Waterbeperkings in sommige dele van die Wes-Kaap opgehef
Die departement van waterwese en sanitasie het aangekondig dat die droogte in die Ladismith-Calitzdorp-distrik iets van die verlede is en die waterbeperkings is in sommige dele opgehef.
Video: Droogte knou Vrystaat, Noordwes
Boere in die Vrystaat en Noordwes sê hulle gaan min of selfs niks van hulle mielies kan oes nie. Groot dele van dié provinsies beleef ‘n erge droogte.
Droogtefonds om NK-boere te help
Die provinsiale departement van landbou het Woensdag gesê die nasionale rampbestuursentrum het ʼn droogteverligtingsfonds vir die Noord-Kaap op die been gebring.
Nuuskommentaar: O Katrina, daar’s water – sommer baie water
Sommer amper in dieselfde asem word berigte van ‘n knellende droogte – die ergste sedert 1933 – opgevolg deur berigte van oorstromings, lewensverlies en skade.
Boere bied hulp aan
Boere in die Wes-Kaap sal voer aan die droogtegeteisterde dele in die Noord-Kaap en Noordwes skenk, het Gerrit van Rensburg, provinsiale LUR vir landbou, Dinsdag gesê.
Agri SA reken Suid-Afrika benodig ‘n droogte
Agri SA glo Suid-Afrika het ʼn ramp, soos ʼn droogte nodig, om die regering te dwing om myn- en voedselsekuriteit in die land te heroorweeg.