Vier verwikkelinge die afgelope week het ‘n aanslag op pres. Cyril Ramaphosa duidelik gemaak, waaronder die aankondiging deur oudpres. Jacob Zuma se seun, Duduzane Zuma, dat hy Ramaphosa wil teenstaan in volgende jaar se ANC-leiersverkiesing.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Duduzane Zuma"
Podlitiek: Zille wil terug, Eben dalk betig en Duduzane laat ons sug
Die Podlitiek-span bespreek die jongste verwikkelinge by die DA se leierskap, die Eben Etzebeth-sage en Duduzane Zuma se getuienis.
Duduzane Zuma: ‘Ek is as gesig van korrupsie beskou’
Die seun van oudpres. Jacob Zuma het aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy is as die “gesig van korrupsie” beskou en is in ʼn politieke storm vasgevang.
Duduzane Zuma in Zondo-soeklig
Oudpres. Jacob Zuma se seun het vandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek verskyn en het sý weergawe van gebeure gegee te midde van bewerings dat hy die sogenaamde Gupta-koppelaar was in bewerings van staatskaping wat teen politici en die Guptas gemaak word.
Duduzane Zuma: ‘Teenstrydighede in getuienis’
“Niks sal my kind terugbring nie. Sy is dood en dit is verby.”
Duduzane Zuma hoor sy lot
Die saak spruit voort uit ’n voorval op 1 Februarie 2014 toe Zuma Jr. laataand met sy Porsche 911 op die M1-suid naby die Grayston-afrit in Johannesburg teen ’n minibustaxi gebots het.
Duduzane Zuma: Uitspraak word gelewer
Nadat AfriForum se private vervolgingseenheid aansoek gedoen het om Zuma Jr. privaat te vervolg, het die NVG egter sy aanvanklike besluit omgekeer en vervolging ingestel.
Uitspraak in Duduzane Zuma-saak dán gelewer
Oudpres. Zuma was ook in die hof om sy seun te ondersteun.
Twee getuig Zuma het nie vinnig gery voor botsing
Sy siening was “dat Nel daarop uit is om wraak te neem. Ek wou getuig om te keer dat die persoon (wat die Porsche bestuur het) nie geviktimiseer word nie.”
Manslag-saak teen Duduzane Zuma uitgestel
Die staatsaanklaer was reeds klaar met die kruisondervraging toe hy besef dat die bandopnemer nooit die getuienis opgeneem het nie.
Saak teen Duduzane dán voortgesit
Landdros Tebogo Thupaatlase het in die hof gesê getuienis in ’n saak kan net geïgnoreer word as die gehalte daarvan só swak is dat dit nie gebruik kan word nie.
Duduzane se aansoek om ontslag geweier
Die Randburg-landdroshof het Vrydag Duduzane Zuma se aansoek om ontslag teen die aanklag van strafbare manslag teen hom, van die hand gewys.
Duduzane se regspan vra ontslag
Die verdediging het in sy aansoek om ontslag gesê omdat die staat se saak swak is en daar nie gronde vir skuldigbevinding is nie, mag Duduzane nie opgeroep word om self te getuig nie.
Duduzane Zuma pleit onskuldig
Duduzane Zuma het in ‘n verklaring voor die hof aangevoer dat hy terwyl hy op die betrokke dag op die pad gery het, ’n waterplas getref het wat hy nie gesien het nie. Dit het gereën en hy het beheer oor die voertuig verloor.
Een klag teen Duduzane teruggetrek
Duduzane het weer vanoggend in dié hof verskyn in verband met die dood van twee passasiers van ʼn minibustaxi in Februarie 2014. Hy het met sy Porsche teen die minibustaxi gebots.
Duduzane Zuma weer in hof
Oudpres. Zuma was tydens sy seun se vorige verskynings ook in die hof teenwoordig.
Aanklagte teen Duduzane Zuma glo teruggetrek
Zuma is in Julie 2018 aangekla van korrupsie en sameswering om korrupsie te pleeg wat verband hou met omkoopgeld van R600 miljoen wat na bewering in 2015 vir Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, aangebied is.
Video: ‘Duduzane vervolg om Jacob Zuma te straf’
Hy het beweer Duduzane Zuma se vervolging is ʼn doelbewuste poging om sy pa te straf.
AfriForum sê oor sake teen Bizos, Zuma
“Dis jammer dat mense vir wie AfriForum respek gehad het, probeer inmeng in die vervolging van mense wat ons glo moet boet vir hul dade.”
Staatskaping: Duduzane Zuma sê oor omkoopgeld-bewerings
Duduzane Zuma het in sy beëdigde verklaring gereageer oor die bewering dat Ajay Gupta vir Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, die pos as minister van finansies en R600 miljoen omkoopgeld aangebied het.