Die individue wat saam met Bell Pottinger ʼn eie en onaanvaarbare en onverantwoordelike agenda bevorder het moet nog die pad van reg en geregtigheid stap. Intussen kan die geld wat die agenda bevorder het gebruik word om Suid-Afrikaners te help om weer ʼn pad van herstel te stap.
Alles vir die sleutelwoord "Duduzane Zuma"
Gupta se beeldpoetser appelleer
ʼn Beslissing op Bell Pottinger se appèl word Dinsdag verwag.
Nuuskommentaar: Praat Duduzane se pa die waarheid?
“Duduzane se pa” het gister weer in die parlement ’n uithalervertoning gelewer wat Pinocchio na die kroon sou steek, en wat die presidentsamp deur die modder gesleep het. Of word Zuma ’n groot onreg aangedoen as sy presidentskap as patronaatskap (en ander lelike goed) genoem word? Hou hy eintlik suiwer by die waarheid en het nog nooit iemand aan ’n staatskontrak gehelp nie?
Eskom-ondersoek moet Duduzane Zuma se ‘intelligensieverslag’ insluit
Die Demokratiese Alliansie sal die parlementêre komiteevoorsitter Cedric Frolick versoek om ondersoek in te stel oor die jongste bewyse van moontlike politieke inmenging in Eskom, hierdie keer deur Duduzane Zuma.
Gupta-broers, Zuma se seun bedank by Oakbay
Atul Gupta, Vuran Gupta en Duduzane Zuma het met onmiddellike effek by Oakbay Resources bedank.
Guptagate: DA vra Valke moet Hlongwane ondersoek
Die DA het Sondag gesê dat die Valke die rol van sakeman Fana Hlongwane – wat regstreeks deel was van die omstrede wapenskandaal – in die beweerde Guptagate-saak moet ondersoek.
Valke sal Guptas, Zuma se seun ondersoek
Die Valke het Donderdag bevestig dat hy aanklagte van korrupsie teen lede van die omstrede Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, sal ondersoek.
Saak teen Zuma se seun uitgestel
Die geregtelike ondersoek om te bepaal of pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, aanspreeklik gehou kan word vir ʼn noodlottige taxi-ongeluk, is Maandag in die Randburgse landdroshof uitgestel sodat die staat en verdediging deur al die bewyse kan gaan.
Zuma se seun in die hof
Die geregtelike ondersoek om te bepaal of pres. Jacob Zuma se seun Duduzane aanspreeklik gehou kan word vir ʼn noodlottige taxi-ongeluk, is Vrydag in die Randburgse landdroshof uitgestel.
NVG gaan nie Zuma se seun vervolg nie
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy gaan, weens onvoldoende bewyse, nie pres. Jacob Zuma se seun ná ʼn noodlottige ongeluk vervolg nie.