Op 26 November het duisende boere uit die hele Duitsland met massiewe trekkers na die hoofstad Berlyn opgeruk.
Alles vir die sleutelwoord "Duitsland"
Foto’s van panda-tweeling vrygestel
ʼn Dieretuin in Berlyn het nuwe foto’s vrygestel van ʼn panda-tweeling wat onlangs gebore is. Dit gaan glo baie goed met die twee.
Die val van die Muur 30 jaar gelede
Die grensposte was vir die eerste keer oop vir almal en die Muur het sy verskrikking verloor. In die volgende weke en maande is dit stuk vir stuk deur die mense verwyder. Die kommunistiese regering was toe gedwing om vir ’n oorgang na demokrasie te onderhandel.
‘Stabiliteit’ wat Ystergordyn meegebring het, het ook maar in rook opgegaan
Op 9 November 1989 – 30 jaar gelede – het die Berlynse Muur op ’n Donderdagaand geval. ’n Dag later was ek op die toneel om die aangrypende tonele te aanskou van Duitsers wat in hul honderdduisende op die strate dans, juig en huil. Ons is nou drie dekades later. Hoe het die val van die Muur die wêreld verander?
Hugenote nalatenskap in Berlyn steeds sigbaar
Dit was egter net ʼn handjievol Franse Hugenote wat in 1688 weens godsdienstige vervolging in Frankryk na die Kaap die Goeie Hoop gevlug het.
’n Ander soort storm
Vandag ’n rubriek van ’n héél ander aard. Dit gebeur elke jaar in September. Maar vanjaar was dit baie spesiaal, want dit was mooi 75 jaar gelede dat ’n Britse valskermdivisie en ’n Poolse valskermbrigade deur onverwags kragtige Duitse weerstand feitlik uitgewis is.
’n Groot protesstem in Oos-Duitsland se verkiesing
Die uitslag van die verkiesing Sondag in Sakse en Brandenburg, en soortgelyke tendense in ander dele van Europa, kan aan nuwe verdelingslyne toegeskryf word. Daar is ‘n verdelingslyn tussen ’n regeringsklas in hoofstede soos Berlyn, Parys en Brussel en gewone kiesers op voetsoolvlak wat voel dat politici nie na hulle luister nie.
G7-beraad lewer geen resultaat
Terwyl die G7 juis ontstaan het uit die behoefte van groot, magtige lande om sekerheid te help skep, het vanjaar se G7-beraad eerder bygedra tot groter internasionale politieke onsekerheid.
Ongebreidelde liberalisme is nie die enigste gevaar
Die ongebreidelde liberalisme is inderdaad ’n gevaar. Maar so is alle denkraamwerke wat tot ideologieë verabsoluteer word.
’n Somer van geweld in Duitsland
ʼn Tuimeltrein van polarisasie, geweldinsidente en radelose besluitnemers oorheers egter hierdie politieke somer in Duitsland.
Afrika in Berlyn
Met die gees van politieke korrektheid wat in Duitsland, en veral in die linkse Berlyn sterk is, is hierdie straatname natuurlik omstrede en moet dit verander word.
Vrede van Versailles: Afrikaners veg teen Duitsers se vernedering
Dit is vandag – Vrydag 28 Junie 2019 – presies ’n eeu gelede dat die Vrede van Versailles, wat ’n finale einde aan die Eerste Wêreldoorlog gemaak het, geteken is. Dit was ’n verdrag wat die seëvierende Geallieerdes aan die Duitsers gedikteer en wat laasgenoemdes tot in die grond verneder het.
Die politieke klimaat in Duitsland
Die son begin sak oor die era van kanselier Angela Merkel. Sy het uitdruklik gesê dat sy ná vier termyne nie nog ’n keer as kanselier sal staan nie. Meeste mense is seker verlig daaroor, maar daar is niemand om by haar oor te neem nie.
Berlyn: Spore van twee diktatorskappe
Berlyn, gemeet aan ander Europese stede, is nie ’n baie ou stad nie. Terwyl talle groot stede dateer uit die Romeinse era, is Berlyn skaars 800 jaar oud en was vir die grootste deel van sy bestaan ’n dorp.
Die watergrafte van Scapa Flow
Merkwaardig genoeg was die twee skepe op 31 Mei en 1 Junie 1916 opponente by die Seeslag van Jutland, maar albei vind uiteindelik ’n watergraf by Scapa Flow. Die kringloop is voltooi.
Duisende ontruim nadat bom naby stasie gevind word
Sowat 12 400 mense moes onmiddellik hul huise en kantore verlaat, terwyl reddingswerkers gehelp het om gestremdes en bejaardes uit versorgingsoorde te bring.
Geen boete danksy voël in vlug
Daar is ʼn Duitse uitdrukking, om “tierisches Glueck” of “dieregeluk” te hê – en dit is beslis van toepassing in dié saak.
EU-verkiesing bevestig politieke diversiteit van Europa
Waarheen nou met Europa? Die boodskap wat kiesers die afgelope week aan die Europese Unie gestuur het, is dat een enkele politieke tendens in Europa nie bestaan nie en dat ʼn enkele politieke strategie vir die hele Europa eerder teenstand sal geniet.
Dronkbestuurder vra polisie om sy motor aan die gang te kry
Toe die polisie met hul patrolliemotor stilhou om met die man te praat, het hulle ontdek hy is besope.
Foto’s: Mollige rot in mangatdeksel steel harte
“Sy het baie ekstra wintervetjies aangesit en haar heupe het stewig in die gat van die mangatdeksel vasgesit. Sy kon nie vorentoe of agtertoe nie.”