ʼn Man is Maandagaand dood en twee mense beseer in ʼn ongeluk op die N3-snelweg in Durban.
Alles vir die sleutelwoord "Durban"
10-jarige brand met kookwater
ʼn 10-jarige is ernstig beseer toe sy met kookwater by ʼn huis in Wyebank naby Kloof in Durban, KwaZulu-Natal, gebrand het.
Vrou sterf in trok-ongeluk
ʼn Vrou is Dinsdagmiddag in Durban dood en ʼn man ernstig beseer nadat ‘n vragmotor hul voertuig getref het.
Lewenslank ná bylmoord op swanger vriendin
‘n Man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Durban-streekshof in KwaZulu-Natal nadat hy sy swanger vriendin met ‘n byl vermoor het en haar liggaam toe opgekap en aan die brand gesteek het.
Polisieman bied skoolmeisie glo R50 vir orale seks
ʼn Skoolmeisie wat as ʼn prostituut gewerk het, het Dinsdag aan die Durbanse streekshof vertel dat ʼn polisiebeampte in die stad haar R50 betaal het vir orale seks in ʼn amptelike polisievangwa. Hy het haar daarna glo nog R50 betaal om oor die voorval stil te bly.
Honderde dakloos ná brand
Honderde mense is dakloos gelaat ná ʼn brand Woensdagaand in Clare Estate in Durban.
Comrades: SA’ners gee die pas aan
Twee Suid-Afrikaners gee saam met ‘n Zimbabwiër die pas aan in Sondag se Comrades-wedloop.
Man sterf na skietery
‘n 52-jarige man is dood en sy kollega is ernstig beseer na ‘n skietvoorval in Springfield in Durban, KwaZulu-Natal.
Polisiebeamptes glo oor prostitusie omgekoop
Die polisie het ʼn minderjarige skoolmeisie, wat haarself vir R50 verkoop het, twee keer in hegtenis geneem, maar vrygelaat nadat haar vermeende “verhuurder” die betrokke beamptes omgekoop het.
Tiener getuig oor prostitusie by Durban-hotel
ʼn Skoolmeisie het Maandag aan die Durbanse streekshof gesê sy het R50 vir seks gevra, nadat sy dwelmmiddels ontvang het.
ANC-jeugliga-lid kap restaurant-eienaar
ʼn Lid van die ANC-jeugliga wat glo versuim om ʼn restaurantrekening van R83 000 te betaal, beskuldig die eienaars daarvan dat hulle gewildheid najaag deur sy naam te skend, berig die Sunday Independent.
Foto’s: Motorfietsryer sterf, 2 voertuie brand ná kettingbotsing
ʼn Man is Maandag dood en vier ander mense is beseer tydens ʼn botsing tussen drie voertuie en ʼn motorfiets in Durban.
Vier in arres ná huisroof
Vier mans is Maandag in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle ‘n huis beroof het.
16 beseer toe bus vyf voertuie tref
Altesaam 16 mense is Maandagoggend in Durban, KwaZulu-Natal beseer toe ʼn bus vyf voertuie getref het.
Foto’s: Marlyn het vissermanne deurboor
Die twee vissermanne wat beseer is toe ʼn marlyn tydens ʼn visvangkompetisie op hul boot beland het, se beserings word glo hoofsaaklik toegeskryf aan die vis se snawel wat hulle deurboor het, het die NSRI gesê. Foto’s van skade aan die boot volg onderaan die berig.
Twee vissermanne deur marlyn beseer
Twee vissermanne is Saterdag tydens ʼn visvangkompetisie in Durban ernstig beseer deur ʼn marlyn wat ongeveer 140 kg geweeg het.
Ma, baba deur vragmotor getref
’n Drie weke oue babaseuntjie en sy ma is Maandag in Durban deur ’n vragmotor raakgery.
Vermeende kriminele deur polisie doodgeskiet
Vier mans is Woensdagaand in Durban se Mariannridge-omgewing dood tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.
Drie vas oor rooftogte
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn string rooftogte by sakeondernemings in Sydenham in Durban, KwaZulu-Natal.
Man vas na moord op swanger vriendin
ʼn 24-jarige man is in Chesterville in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die moord op sy swanger vriendin.