Twee van die verdagtes is werknemers van die lughawe. ’n Ander man het efedrien in motoroliefilters versteek.
Alles vir die sleutelwoord "dwelms"
‘Dwelmverslaafde’ baba se ouers vas
ʼn Man en vrou is in hegtenis geneem nadat hulle glo enkele ure ná die geboorte van hul baba vir haar ʼn middel ingegee het om haar heroïenverslawing te probeer verdoesel.
Miljoene rande se dwelms in ‘skoonheidsprodukte’ gevind
“Die skoonheidsprodukte was in die vorm van ʼn wit room. Die room het egter vinniger doog geword as normale room waarna dit poeierig geword het.”
Dodetal styg ná skietery in KZN
Die dodetal het verder gestyg nadat ʼn onbekende man Donderdagmiddag op inwoners van ʼn nedersetting in Isipingo in KwaZulu-Natal losgebrand het. Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale…
Dodetal styg ná skieter op nedersetting toesak
Die dodetal het gestyg ná ʼn onbekende man Donderdagmiddag op inwoners van ʼn nedersetting in Isipingo in KwaZulu-Natal losgebrand het.
Lesersbrief: Dwelmvry en ʼn nuwe mens
Ek kon geen beter keuse gemaak het as om dit te los nie. Ek voel so goed oor myself. Ek voel soos ʼn nuwe mens.
[Foto’s] Dwelmfabriek in Limpopo oopgevlek
Die polisie in Limpopo het ʼn dwelmfabriek in die Groblersdal-omgewing oopgevlek.
Man vas vir kokaïen in bagasie
ʼn Boliviaanse man is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat 5,3 kg kokaïen in sy bagasie gevind is.
Twee vas vir dwelms in kattebak
Die Kaapstadse polisie het ʼn jong man en vrou in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van nagenoeg R900 000 in hul besit gevind is.
Duterte Harry se Nazi-oplossing vir die Filippyne
Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, het die wêreld laat regop sit met sy uitspraak verlede week dat hy bereid is om drie miljoen dwelmverslaafdes dood te maak… net soos die Nazi-leier, Adolf Hitler, in die vorige eeu drie miljoen Jode laat doodmaak het.
Video: Groep veg vir dagga-reg
ʼn Groep Rastafariërs en ander dagga-gebruikers sê hulle gaan alles in die stryd werp om die gebruik van dié plant in Suid-Afrika te wettig.
Tien polisiebeamptes vas oor dwelmsmokkelary
Tien polisiebeamptes het Donderdag in die Bergville- en Ladysmith-landdroshowe verskyn op aanklag van korrupsie.
Vrou vas oor dwelms in bagasie
ʼn 44-jarige vrou is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid kokaïen glo in haar besit gevind is.
Hondekos toe dwelms
ʼn 46-jarige man is Maandagaand by ʼn hotel in Bedfordview, oos van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hy betrap is met nagenoeg 7 000 Mandrax-tablette wat hy in verseëlde hondekossakke versteek het.
Vrou vas oor dwelms in rugsak
Volgens Memela is wit poeier in ʼn spesiale kompartement van die rugsak gevind en het dit positief getoets vir kokaïen.
[Foto’s] Miljoene rande se dwelms in bakkie versteek
Die Bulgerivier-polisie het Maandag ʼn reuse-dwelmvonds gemaak toe hulle beslag gelê het op heroïen ter waarde van nagenoeg R93 miljoen wat in panele van ʼn Nissan P200-bakkie versteek was.
Jy sterk verslaafdes in hul kwaad, wys dokumentêr
In “Bedwelmd” word met verslaafdes en gerehabiliteerde verslaafdes gesels om te hoor hoe hulle in dié web beland het. Elkeen vertel dat hulle hul verslawing aan die gang gehou het met die geld wat hulle van mense gekry het.
Broer wou broer ‘help’; albei vas
Twee broers van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat die een glo die ander een wou help deur ʼn polisiebeampte te probeer omkoop.
God genees gebroke lewens by Moeggesukkel
Dié organisasie, wat bekend is vir sy suksesstorie en uitreikprojekte in die gemeenskap, huisves tans 50 mans tussen 18 en 50 jaar vir wie die lewe harde houe toegedien het.
Swazi-polisieman vas in SA
ʼn Man, wat na bewering ʼn polisiekonstabel is in Swaziland, is in hegtenis nadat hy glo probeer het om dwelms na Suid-Afrika te smokkel.