“Dit is onredelik om burgers verantwoordelik te hou vir betalings gebaseer op ʼn stelsel wat sonder behoorlike konsultasie geïmplementeer en toegepas is.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "e-tol"
E-tolhekke is af
Kameras en ligte by e-tolstrukture sal voortaan glo vir misdaadvoorkomingsdoeleindes ingestel word.
Opskort van e-tol ‘oorwinning vir burgery’
“Wat vir Outa duidelik is, is dat daar steeds geen verskoning van die owerhede is nie vir die inwerkingstelling van ʼn grof irrasionale en duur stelsel wat onderwerp is aan buitensporige opgeblase konstruksiekoste en e-tol-invorderingskontrakte wat tot ʼn vermorsing van R14 miljard aan openbare geld gelei het.”
E-tol opgeskort, maar rekening gaan nie net verdwyn
E-tol mag dalk iets van die verlede wees, maar motoriste wat nog uitstaande skuld het, sal bes moontlik steeds daarvoor moet opdok.
Koebaai, e-tol
Ná jarelange teenkanting en duisende motoriste wat eenvoudig verseg het om hul e-tolrekeninge te betaal, word die stelsel Donderdag om 23:59:59 afgeskakel.
Sanral verwelkom beëindiging van e-tol
“Vir Sanral verskaf dit ʼn duidelik pad vorentoe wat betref die onderneming om die GFIP-skuld te betaal.”
D-dag vir e-tol breek eindelik aan
Die minister van vervoer het die langverwagte kennisgewing in die ‘Staatskoerant’ gepubliseer.
Lesufi rep geen verdere woord oor e-tol
“Dit is duidelik dat e-tol hier is om vir die afsienbare toekoms te bly en dat Lesufi nes sy voorganger David Makhura nog ʼn leë belofte gemaak het.”
Gauteng se omstrede e-tolstelsel ‘dood en begrawe’
Die omstrede e-tolstelsel in Gauteng sal teen einde Maart iets van die verlede wees. Die infrastruktuur sal egter vir misdaadbekamping in plek bly.
‘Stem Lesufi uit oor e-tol-leuens’
Panyaza Lesufi het die afgelope week in sy provinsiale rede gesê die e-tolhekke gaan teen die einde van volgende maand gedeaktiveer word, ʼn stelling wat net twee dae later in Enoch Godongwana se begrotingstoespraak weerspreek is.
Tydlyn vir opskort van e-tol weer aangepas
“Dit is kommerwekkend, want hoe langer dit neem om ʼn oplossing te vind om e-tol te beëindig, hoe hoër is die skuld wat deur die Gautengse provinsiale regering terugbetaal moet word.”
E-tol: Leë beloftes vir SA motoriste
“Die irrasionele e-tolstelsel het ʼn onregverdige finansiële las op burgers geplaas, en tog het die regering óf versuim óf geweier om dit te beëindig – ondanks ʼn duidelike besluit ʼn jaar gelede om dit te doen.”
Wanneer word e-tol nou finaal afgeskaf?
“Dit raak al hoe meer duidelik dat die ANC in Gauteng hom besig hou met leë retoriek oor die e-tolstelsel ten einde guns te wen vir die 2024-verkiesing.”
Koebaai e-tol, maar wie gaan skuld betaal?
Die Gautengse premier Panyaza Lesufi het weer gesê die e-tolstelsel is iets van die verlede. Die stelsel bly egter steeds aktief, met motoriste wat nog hul rekeninge ontvang en geen verduideliking oor waar die geld vir die stelsel se skuld vandaan gaan kom nie.
Steeds meer vrae as antwoorde oor e-tol
Outa bevraagteken onder meer waarom Gauteng enigsins moet help om die skuld vir die e-tolprojek te delg, aangesien die lening destyds deur die nasionale regering goedgekeur is.
‘Skrap van e-tol sloer,’ sê Outa
“Outa hou vol dat die geringe persentasie padgebruikers wat steeds vir e-tol betaal net hul geld mors, aangesien die waarskynlikheid om ʼn terugbetaling te kry skraal tot nul is.”
Koebaai, e-tol!
Premier Panyaza Lesufi wil graag Gautengse inwoners gerus stel dat daar nou nie meer enige omkeer is om van e-tol ontslae te raak nie.
Gauteng gaan R12 miljard gee vir e-tol
Hierdie geld sal van verskillende inkomstestrome verkry word.
Skrap van e-tol net ‘leë beloftes’
“Ons sal premier Lesufi bly pols vir antwoorde en ons sal nie rus totdat e-tol finaal geskrap is nie – op ʼn regverdige manier wat nie enige bykomende las vir die inwoners van Gauteng sal veroorsaak nie.”
Só lyk Lesufi se plan vir e-tol
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het Vrydag ʼn finansieringsmodel onthul vir die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP).