Motoriste moet binne sewe dae, nadat hulle hul e-tolfakture ontvang het, die rekening betaal of hulle sal aan skuldinvorderaars oorhandig word, het Sanral Sondag gesê.
Alles vir die sleutelwoord "e-tol"
E-tol se betaalstelsel is gereed
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) verwag dat die invordering van e-tol glad sal verloop, het Dipuo Peters, minister van vervoer, Sondag gesê.
DA se nuwe advertensie teen e-tol
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag ʼn nuwe advertensiebord teen die e-tolstelsel op die N3-snelweg in Germiston, Gauteng, opgerig.
Besluit oor e-tol stel Outa teleur
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) is teleurgesteld dat die regering besluit het om met e-tol voort te gaan.
Nuuskommentaar: Lydelike verset teen e-tol
Korrupsie, plaasmoorde, boere wat in die droogte noustrop trek, riool wat in riviere beland, kaders wat die land agteruit “bestuur”… alles lok protes en besware uit, maar die regering is dikwels doodgewoon horende doof.
AfriForum gaan nie vir e-tol registreer nie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het besluit om nie voertuie wat vir die organisasie se werksaamhede gebruik word, vir e-tol te registreer nie.
E-tolstelsel: Datum pas bekend gemaak
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het sopas tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak wanneer die omstrede e-tolstel op Gautengse hoofweë in werking gaan tree.
E-toldatum van 2 Desember ontken
Die departement van vervoer het Dinsdag bewerings deur Outa, dat die e-tolstelsel op 2 Desember in werking sal tree, ontken.
Miljoene e-tolskyfies soek nog eienaars
Die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) sit met meer as 1,4 miljoen e-tolskyfies wat nog nie verkoop is nie, het Dipuo Peters, minister van vervoer, Dinsdag gesê.
“E-tolgeveg nog nie verby nie” – DA
Die DA het Donderdag gesê die stryd teen die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë is nog nie verby nie.
DA gaan e-tol betwis
Die DA het Woensdag gesê hy gaan die grondwetlikheid van die wetgewing oor die e-tolstelsel in Gauteng betwis.
EFF betoog teen e-tol
Verkeer sal Vrydag in Newtown, Johannesburg, herlei word tydens ʼn betoging deur die Economic Freedom Fighters (EFF) teen e-tol.
Hoof van maatskappy wat e-tol moet invorder, bedank
Die hoof uitvoerende beampte van die maatskappy wat e-tol in Gauteng moet invorder, het bedank, het Fin24 Donderdagaand op sy webwerf berig.
CDP meen pensioenarisse moet óók van e-tol vrygestel word
Pres. Jacob Zuma se voorstel dat studente van e-tol vrygestel word, is die eerste aanduiding dat daar ʼn besef begin deurdring oor die impak wat die e-tolstelsel op die gemeenskap sal hê, het die Christen-Demokratiese Party (CDP) Donderdag gesê.
Motoriste van ander provinsies gaan óók e-tol betaal
Motoriste van regoor die land sal ook moet betaal as hulle op e-tolpaaie in Gauteng ry
Outa kan nie bekostig om te appelleer nie
Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het Vrydag gesê hy gaan nie appelleer teen verlede week se uitspraak van die appèlhof in Bloemfontein nie.
Minstens 6 weke voor e-tol begin
Die departement van vervoer het Donderdag bekend gemaak dat dit ten minste ses weke gaan duur voordat die e-tolstelsel in Gauteng in werking gaan tree.
E-tol: Hof gee uitspraak
Die appèlhof in Bloemfontein het pas uitspraak gelewer oor die inwerkstelling van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.
Video: E-tol maak nie sin nie
‘n Video wat verduidelik hoe Gauteng se paaie deur die brandstofheffing befonds kon word en waarom die e-tolstelsel nie sin maak nie, is onlangs op YouTube gelaai.
Hof sê vandag oor e-tol
Die appèlhof in Bloemfontein lewer vandag uitspraak oor die inwerkstelling van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.