ʼn Vrou wat vermoedelik van Kaapstad afkomstig is, word in Nigerië vir die ebola-virus getoets.
Alles vir die sleutelwoord "Ebola"
2 288 ebola-sterftes; helfte van sterftes afgelope paar dae
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Dinsdag gesê die ebola-virus het reeds bykans 2 300 lewens geëis, en nagenoeg die helfte van dié sterftes het in minder as ʼn maand plaasgevind.
Versoek om ebola-reisverbod op te hef
Altesaam 11 maatskappye het regerings versoek om die reisverbod na ebola-geteisterde lande op te hef, aangesien dit glo die humanitêre krisis kan vererger.
Byna 2 000 dood aan ebola
Die sterftesyfer aan ebola in verskeie Wes-Afrikaanse lande het tot meer as 1 900 gestyg, aldus ‘n woordvoerder van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).
Toestemming nodig vir reis na ebola-lande
Passasiers wat tussen Suid-Afrika en ebola-geteisterde lande in Wes-Afrika wil reis, moet toestemming van die departement van gesondheid versoek, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gesê.
Ebola-virus muteer vinnig
Die ebola-virus wat in Wes-Afrika woed en as die ergste uitbreking ooit beskryf word, muteer vinnig en verhoog die noodsaaklikheid om dit vinnig te beperk, aldus nuwe navorsing wat pas in die vaktydskrif, Science, verskyn het.
Ebola al erger
Die amptelike sterftesyfer as gevolg van die ebola-uitbreking in Wes-Afrika het tot 1 552 gestyg, maar die werklike syfer kan “twee tot vier keer hoër” wees, aldus die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO).
Video: Ebola raak Afrika-toerisme
Duisende toeriste wat beplan het om Afrika vanjaar te besoek word deur ebola afgeskrik.
Toe wél ebola in DRK
Die Demokratiese Republiek van die Kongo het bevestig dat ebola ook in dié land uitgebreek het.
Sterftes in DRK glo nié ebola
Altesaam 13 mense is sedert 11 Augustus weens ʼn onbekende koors dood in die DRK, het dié land se minister van gesondheid gesê.
Amerika se ebola-pasiënte is gesond
Die twee Amerikaanse sendelinge wat die ebola-virus opgedoen het toe hulle in Liberië gewerk het, is gesond en uit die hospitaal in Atlanta, Amerika, ontslaan.
Algehele reisverbod weens ebola-uitbreking
Die minister van gesondheid het Donderdag ʼn onmiddellike reisverbod geplaas op nie-Suid-Afrikaanse burgers van lande wat deur die ebola-uitbreking geraak word.
Dalk ebola in DRK
Verskeie mense is in die Kongolese provinsie, Équateur, oorlede nadat hulle simptome soos dié van ebola opgedoen het.
Ebola geen bedreiging vir SA-toerisme
Die minister van kommunikasie het Dinsdag gesê die ebola-uitbreking in Wes-Afrika hou nie ʼn bedreiging vir toerisme in Suid-Afrika in nie.
SA man toets negatief vir ebola
Die Suid-Afrikaanse man wat in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem is nadat hy as ‘n gesondheid- en veiligheidsbeampte by ‘n myn in Liberië gewerk het, is nie met die ebola-virus besmet nie.
Man word in JHB getoets vir ebola
ʼn 37-jarige man wat as ʼn gesondheid- en veiligheidsbeampte by ʼn myn in Liberië gewerk het, is Sondag in ʼn hospitaal in Johannesburg opgeneem om hom te toets vir ebola.
Ses maande om ebola onder beheer te kry
Kenners meen dit sal sowat ses maande neem om die ebola-virus in Wes-Afrika onder beheer te bring.
Minister kap DA oor Ebola-gerugte
Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, sê die regering sal onmiddellik met die publiek in kontak wees indien die eerste geval van ebola in Suid-Afrika aangemeld word.
Geen Ebola in Suid-Afrika
Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag bevestig daar is geen Ebola-geval in Suid-Afrika nie.
‘Gerugte oor gestrande Ebola-boot onwaar’
Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid sê gerugte dat ‘n skip aan die kus by Richardsbaai gestrand is en dat daar mense aan boord is wat met die Ebola-virus besmet is, is onwaar.