Baie ouers voel moedeloos en uitgebrand om tuisonderrig te probeer balanseer met hul eie werkslading – maar wat gebeur as kinders ook sukkel met taal-, lees- en ander leerprobleme? Susan du Plessis van Edublox deel ʼn paar wenke oor hoe om die bul by die horings te pak terwyl daar nog onsekerheid oor onderwys heers.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Edublox"
Is ons kennis oor disleksie verouderd? Navorsers werp nuwe lig
Om bewustheid te kweek oor disleksie, moet ons op die hoogte bly van die jongste navorsing en wat dit vir ons kinders beteken.
Vra vir Susan: Akademiese- en wiskundevaardighede
Susan du Plessis, opvoedkundekenner, ondersoek twee internasionale geletterdheidstudies wat elke paar jaar gedoen word en waaraan Suid-Afrika deelneem.
Vra vir Susan: Voordele van tweetaligheid
Goeie dag Susan, My seuntjie is 15 maande oud en praat nog nie. Ek is Afrikaans en my man is Engels. Nou wonder ons of…
Vra vir Susan: Roetine, roetine, roetine
My middae is ʼn nagmerrie en teen vroegaand is ek uitgemergel. Wat doen ek om hierdie twee in ʼn roetine te kry sodat dinge normaal kan verloop?
Vra vir Susan: die belangrikheid van lees
My kind is in gr. 3. Hy sukkel vreeslik met lees. Hy sukkel baie om “b” en “d” te onderskei en lees baie hakkelrig.
Taalontwikkeling: wanneer en wat?
My suster is ’n gr. R-onderwyseres en is van mening dat ons nie genoeg met ons twee maande oue baba “praat” nie.
Vakkeuses vir ʼn beroep
Kom ons neem die verskillende studierigtings een vir een.
Toets só jou kind se leerstyl
Mense leer nie net teen verskillende tempo’s nie, maar ook op verskillende maniere.
Klop disleksie só
Vir sommige ouers mag dit ’n verligting wees dat kinders se akademiese prestasie daadwerklik kan verbeter ten spyte van disleksie.
Verander die manier waarop jy studeer vir beter resultate
Wat jy ookal doen, moenie jou drome begrawe nie. Party mense blom vroeg in hul lewens en ander later. Die “Koningin van die Andes” is ʼn kleinerige plant, maar wanneer dit uiteindelik blom, groei dit tot 12 meter hoog. Dalk het jy nodig om net ʼn paar dinge te verander om te begin blom.
Drie oefeninge om jou kind se kreatiwiteit te verbeter
Die eerste oefening leer kinders om kreatief te dink op ʼn konkrete vlak, die tweede op ʼn skematiese vlak en die derde op abstrakte vlak.
Is my kind kreatief genoeg?
Wanneer ons al die vaardighede wat ’n kind nodig het om akademies suksesvol te wees in ag neem, dink ons aan lees, skryf, konsentrasie, wiskunde ens. En tog, een van die belangrike vaardighede wat kinders nodig het, is kreatiwiteit. Dis kreatiwiteit wat hulle aanwend om stories te skryf, probleme op te los, musiek te maak, kuns en kunsvlyt te geniet en selfs om ingewikkelde wiskundige bewerkings te doen.
Wenke oor kinders se TV-kyk
TV-kyk is ʼn fundamentele deel van baie kinders se lewe; baie kinders doen byna niks anders nie en is elke dag ure lank voor die TV. Voeg nog hierby die aantal ure wat hulle na DVD’s kyk, met rekenaars doenig is en video-speletjies speel, en die blootstelling aan elektronika hoop op. Is dit skadelik of is dit ʼn skadelose tydverdryf?
Disleksie: Lê die kognitiewe boustene vas
ʼn Dislektiese persoon of swak leser sal geneig wees om meer dikwels te pouseer vir fiksasies, en die duur van elke fiksasie is gewoonlik ook langer as by die normale leser. Die dislektiese persoon is ook geneig tot meer regressies as ander lesers.
Disleksie: Tree vir tree deur die leerproses
Een vaardigheid moet eers vasgelê word voor ons ’n daaropvolgende vaardigheid kan baasraak. Dis soos met ʼn leer opklim: sportjie vir sportjie, anders val jy.
Disleksie en leerbeginsels
Die situasie van ’n kind met disleksie kan nie verstaan word tensy ons raaksien dat hy ’n mens is nie. ’n Belangrike kenmerk van die mens is dat hy niks weet en niks kan doen wat hy nie geleer het nie. Dit sluit natuurlik liggaamsfunksies soos asemhaal uit, sowel as reflekse, soos byvoorbeeld die oogrefleks wat meebring dat die oog geknip word wanneer ’n voorwerp dit nader.
Disleksie en die Brein
Ons het verlede keer gesels oor die simptome van disleksie en die verwarring rondom die term: sommiges beskou dit as ongeneeslik terwyl ander meen dat ’n disleksie-diagnose min waarde het. Ons het ook begin gesels oor tegnologiese vooruitgang, soos fMRI-skanderings, wat dit vir wetenskaplikes moontlik gemaak het om te sien dat die brein plasties is, en dat neuroplastisiteit die lig aan die einde van die donker disleksietonnel is.
Wat is disleksie?
Daar is min dinge wat by ’n ouer soveel spanning veroorsaak as ’n kind wat sukkel met lees, spel en skryf. Terwyl die meerderheid kinders dit maklik tot redelik maklik baasraak, is dit ’n heeltemal ander ervaring vir ten minste een uit elke vyf kinders. Vir hulle is dit so moeilik dat die woord “disleksie” dikwels ingespan word om na hierdie erge gesukkel te verwys.
Wenke teen boelies
ʼn Boelie het ʼn sekere profiel. Ons kry die outjies wat ander fisies boelie deur hulle hare te trek, te slaan, te byt of selfs oormatig te kielie.Die emosionele boelie vertel skinderstories oor sy slagoffer, sal hom/haar afpers, geld afneem of sommer net terroriseer.