Julius Malema wil hê dat landdros Twanette Olivier haar aan die saak onttrek aangesien sy, volgens die verdediging, nie onpartydig is nie.
Alles vir die sleutelwoord "EFF"
Grondbesettingsaak: EFF kry op sy neus in hof
“Hierdie uitspraak is ’n groot oorwinning vir private eiendomsreg en ’n groot slag vir diegene wat misdadigheid, geweld of wetteloosheid wil aanhits.”
Waar is Malema se verskoning ná ‘haatspraak’?
AfriForum vra die Menseregtekommissie vir terugvoer nadat die MRK vroeër onderneem het om stappe te doen teen die EFF-leier en sy party ná klagtes oor haatspraak en aanhitsing tot geweld by ʼn saamtrek in Kaapstad.
EFF-raadslid dood in bakkie gevind
“Tsietsi Mohulatsi is dood en verlate gevind in wat niks anders was as ʼn wrede en onmenslike daad van misdadigheid nie.”
AfriForum mag appelleer teen Kill the Boer-uitspraak
AfriForum sê die verlof tot appèl is ʼn tree vorentoe in sy stryd teen die aanhitsing van geweld teen boere en minderheidsgroepe.
Gʼn plek vir dié lied in demokrasie
Die EFF het die uitspraak in die “Kill the Boer”-regstryd verwelkom, maar verskeie ander partye sê die lied is verdelend en stook die vlamme van rasseverdeling.
Klagte kom teen EFF ná raadsgeveg
Die DA voer aan dat sy lede deur die EFF “aangeval en geïntimideer” is – veral sy vroueraadslede.
‘Verwydering van LP’s g’n geslagsgebaseerde geweld’ – ondersoek
Daar word nou aanbeveel dat daar voortaan tydens enige gegewe sitting van die parlement genoeg vroueveiligheidswagte van die parlementêre beskermingsdienste teenwoordig moet wees.
EFF wil land tot stilstand staak
Die EFF beoog die landwye staking as deel van pogings om pres. Cyril Ramaphosa uit sy pos te dwing en sê die president moet verantwoording doen vir al die “misdade wat hy op sy plaas Phala Phala gepleeg het”.
Aanrandingsaak: ‘Malema en Ndlozi toon geen berou’
Die verhoor van EFF-leier Julius Malema en EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi op klagte van aanranding op SAPD-kolonel Johannes Venter het Vrydag in die Randburg‑landdroshof hervat.
Malema het geen berou oor ‘Kill the Boer’ – AfriForum
AfriForum se regsverteenwoordiger het aangevoer Malema se getuienis in Februarie vanjaar tydens die saak wys dat hy ten gunste van geweld is en wit mense haat.
EFF beweer ‘vroueparlementslede is aangerand’
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, sê sy is hoogs ontsteld oor die bewerings en wil dit op skrif stel dat die feitelike omstandighede vasgestel sal word.
Tshwane-metro dien strafregtelike klagte teen EFF in
“Die klag wat by die MRK ingedien sal word, omvat vermeende dreigemente van die EFF se nasionale leier, Julius Malema, om die Tshwane-metro ‘onregeerbaar’ te maak.”
Kyk: EFF ontwrig Tshwane-begrotingsrede
Weens die ontwrigtings kon die metro se begroting vir die komende boekjaar nie ter tafel gelê word nie.
Tshwane bekom interdik teen EFF-staking
“Die EFF is ’n politieke party en tog voel hy hy kan arbeidsprosesse in die Stad manipuleer om sy eie politieke agenda te dryf,” sê burgemeester Randall Williams.
EFF vies oor verpligte inenting by NWU
Die vakbond Saptu sê werknemers vrees vir hul lewens omdat die universiteit skynbaar nog nie op die EFF se ultimatum reageer het nie.
Minister kap terug ná EFF-bewerings oor ‘sameswering’
“Om die gedagte te laat posvat dat die proses, soos voorgeskryf in die Grondwet, die kaping of manipulasie van die regbank is, is agterbaks om die minste te sê,” lui ʼn verklaring van die departement van justisie.
EFF eis Lamola se kop ná onderhoude vir hoofregter
Die party voer aan Lamola het Mlambo spesifiek uitgesonder om ondervinding in die Konstitusionele Hof op te doen sodat hy met dié ondervinding by die onderhoude vir hoofregter kon opdaag.
EFF volgende week in hof oor ‘Kill the boer’
Die lied, wat reeds tot haatspraak verklaar is, is onder meer in Oktober 2020 buite die landdroshof in Senekal gesing ná die moord op Brendin Horner.
EFF steek ook kop in Mej. Heelal-bynes
Die EFF het Woensdag ook druk op die nuwe Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, geplaas om haar aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel te onttrek.