Suurstof wat uit die medevlieënier se noodsuurstofmasker gelek het, word beskou as die deurslaggewende element in die oorsaak van die brand.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "EgyptAir vlug MS804"
Egipte sê vliegtuigwrak is gevind
Die Egiptiese owerheid het gesê die wrak van die EgyptAir-vliegtuig wat verlede maand in die Middellandse See neergestort het, is gevind.
Seine van vermiste EgyptAir-vliegtuig dalk uit diepsee ontvang
Seine wat vermoedelik afkomstig is van die vlugopnemer van die vermiste EgyptAir-vliegtuig, wat op 19 Mei in die Middellandse See neergestort het, is vermoedelik deur ʼn Franse skip opgevang.
EgyptAir MS804: Jhb-inwoner was aan boord
ʼn Inwoner van Johannesburg was aan boord EgyptAir Vlug MS804 wat op 19 Mei in die Middellandse See neergestort het.
EgyptAir MS804: Liggaamsdele, wrakstukke gevind
Die lugredery EgyptAir het Vrydag bevestig nóg wrakstukke, besittings van passasiers, liggaamsdele, bagasie en vliegtuigsitplekke is gevind tydens die soektog na die wrak van sy Vlug MS804.
Terreuraanval dalk rede vir EgyptAir-vliegtuig se verdwyning
Owerhede het Donderdag gesê dit is meer waarskynlik dat die vliegtuig van EgyptAir wat in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn het, neergestort het weens ʼn terreuraanval as weens tegniese probleme.
‘Vermiste’ EgyptAir-vliegtuig het glo neergestort
Verwarring heers of die vliegtuig van EgyptAir, wat Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn het, neergestort het.
Passasiervliegtuig verdwyn oor Middellandse See
ʼn Airbus A320-vliegtuig van EgyptAir, met 66 mense aan boord, het Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn.