Dit is swaar vir mense om van hul goed afskeid te neem.
Alles vir die sleutelwoord "ekonomie"
Suid-Afrika: Die gras is toe nie groener elders
Ons vergelyk Suid-Afrika se werklikheid met die veridealisering van elders en die feit is dat geen land kan meeding met daardie denkbeeldige elders nie.
Persoonlike verskansing in onsekere tye – nuwe moontlikhede word bekyk
Diegene wat in Suid-Afrika gewortel is, kan omsigtig en pro-aktief, verskeie nuwe skanse in oorweging neem en stappe doen om hul persoonlike veerkragtigheid te verhoog, skryf Gerhard van Onselen.
Strukturele hervorming begin by die toplaag
Die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling (OECD) het aanbeveel dat Suid-Afrika dringend strukturele hervormings moet aanbring om die ekonomie te stimuleer.
Is daar ʼn verband tussen ekonomiese groei en die politieke stelsel?
Daar is eenvoudig nie een teorie wat ekonomiese voorspoed klinkklaar kan verduidelik nie, en vir ʼn gevallestudie wat een teorie staaf, is daar ʼn ander een wat dit weerlê.
Nasionale Gesondheidsversekering: SA het nie die ideale agtergrond
Dit help nie om die simptome te behandel nie – diagnoseer eers die siekte. Die land se gesondheidsprobleme het meer te make met gebrekkige opvoeding en voorligting as hospitalisasie.
Plaas onderwys eerste en transformeer só die ekonomie
Radikale ekonomiese transformasie, soos dit tans beskou en uitgespel word, sal faal om presies dieselfde rede as beleidstellings van regstellende aksie: ʼn fokus op uitsette (grond, verkrygingstransaksies) in plaas van insette (onderwys), wat dan lei tot ʼn klein aantal begunstigdes.
Lesersbrief: Keer die skip voor dit sink
Die ekonomiese beginsels en wette verg dat enige herverdeling van rykdom sonder verdienste uiteindelik die skip sal laat sink.
Resessies en die keuse van vryheid of manipulasie
Regerings het dus twee keuses, hulle kan vryheid ondermyn en die samelewing manipuleer sodat dit ʼn weerspieëling word van hulle eie agenda, of hulle kan die samelewing bevry en toekyk hoe welvaart toeneem.
Ekonomiese uitskieter die teiken
Dit is juis wat die Suid-Afrikaanse boere doen. Hulle boer oor dekades heen, kundigheid is van geslag tot geslag oorgedra, hulle ken die klimaat en die boerderytoestande. En terwyl die res van die land geleidelik na die rommelhoop gly, blink die boere uit en toon die grootste enkele groei in die ekonomie.
Maak jou finansies só resessie-vry
Geldkenners deel uitstekende raad en wenke om vinnig jou finansies agtermekaar te kry en dalk sommer ʼn ekstra geldjie te begin verdien.
Plaasterreur raak ons harte
Afrikaners is deur eeue gebrei deur die uitdagings van Afrika. Ons het verwoestende oorloë, uitmergelende droogtes, politieke krisisse, kulturele armoede en ekonomiese rampe oorkom.
SA resessie: Ekonomie betaal die prys vir politieke onstuimigheid
Ekonome is dit eens dat Suid-Afrikaanse verbruikers hulself sal moet staal vir onstuimige ekonomiese waters.
SA resessie: Gigaba wil met sakeleiers vergader
Die nasionale tesourie het Dinsdag gesê Malusi Gigaba, minister van finansies, sal met sakeleiers vergader om strategieë te bedink om die ekonomiese resessie teen te werk.
Suid-Afrika nou in resessie
Suid-Afrika is in ʼn resessie nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir twee agtereenvolgende kwartale ingekrimp het.
Die ‘vierde industriële revolusie’ en swart ekonomiese bemagtiging
“Daar is ʼn rede waarom suksesvolle ekonomieë nie ons soort beleid, wat eksklusiwiteit bevorder, navolg nie. Verskeie samelewings het soortgelyke beleidsrigtings reeds beproef en gesien dat dit nie werk nie.”
Kennis, kundigheid in boerdery as grondslag vir groei
“Indien die regering ongeag die produksie-onvermoë van sy huidige oordragte gaan voortstu op sy huidige weg, moet hulle solank hul self gereed kry om die tekort aan voedsel in Suid-Afrika te bestuur.”
Mites van ekonomiese groei
“Wat die ANC-regering bedoel wanneer hy “groei wil aanjaag” is gewoonlik om belastinggeld op onder meer geliefkoosde regeringsprojekte te bestee of om sekere bedrywe en ondernemings in die mark aan te spoor.”
‘Ek het my aptyt om by Spur te eet verloor’
“Julle het drooggemaak, Mark. Sê julle is jammer daaroor. Julle het ʼn gemeenskap wat vir jare jul lojale kliënte was, misken.”
Grondhervorming: Dit is tyd vir ’n eenhoring-Kodesa
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, reken dat ’n Kodesa oor eenhorings (unicorns) waarskynlik beter vir Suid-Afrika sou wees.