Intussen moet die skade herstel word en nóg die regering nóg universiteite het tans die nodige fondse om dit te doen. Uiteraard sal dit uiteindelik lei tot belastingverhogings. Myns insiens sal ʼn styging in die algemene verkoopbelasting die minste verdere skade aan die ekonomie doen.
Alles vir die sleutelwoord "ekonomie"
As jy dink #FeesMustFall is ’n goeie idee, lees hierdie…
Dit is ongelukkig nie so eenvoudig nie. Ek gaan nie probeer om die eis vir gratis onderwys belaglik te maak nie, maar as jy ook reken dat dit ’n goeie idee is, wil ek tog vir jou ’n bietjie stof tot nadenke gee wat jou sal help om te besin of gratis tersiêre onderwys enigsins ’n oplossing is.
Ekonomiese oorsig: Internasionaal bly sake gedemp
Die groeikoers in die VSA skommel van kwartaal tot kwartaal maar neig bestendig opwaarts. Dieselfde patroon is merkbaar ten opsigte van indiensname. Min of meer dieselfde neigings is waarneembaar in die Euro-gebied. In Japan en China is daar egter meer onsekerheid oor groeivooruitsigte.
Só lyk die arbeidsmark se eis aan Afrikaanse universiteite
Die vierde industriële revolusie vereis dus breedgevormde studente: gespesialiseerde kennis én diepgaande, vormende opvoeding. As ons as gemeenskap daarin slaag om in Afrikaans studente hiervoor toe te rus, hoef daar geen kommer oor ons studente se toekoms in die arbeidsmark te wees nie.
‘Ekonomiese groei gee hoop’, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die Suid-Afrikaanse regering, sake- en arbeidsektor gelukgewens nadat Statistiek SA aangekondig het die ekonomie het in die tweede kwartaal met ʼn verrassende 3,3% gegroei.
Brexit gevolg deur goue somer, onsekerheid
Met die oog op die uiters komplekse handelsooreenkomste wat voorlê is die opsomming van Rob Wood van Bank of America Merril Lynch gepas: “Dinge lyk beter as wat dit kon gewees het, maar daar is niks wat aandui dat alles voor die wind is met die ekonomie nie.”
Abraham Maslow en opvoeding
Die feit dat ons almal vandag produkte van beide die modernisme en postmodernisme is, vind onbewustelik neerslag in ons pogings om ons kinders se onderwys te red. Ek het waardering vir pogings soos die CVO-skole en Akademia.
Makro-ekonomiese raamwerke ná 1994, die verswarende impak van swak beleid
Die probleme van armoede, werkloosheid en swak ekonomiese groei is lank reeds vir baie mense in Suid-Afrika ʼn werklikheid. Waar die breë werkloosheidkoers in die eerste kwartaal van 2016 by 36,3% staan, en met ʼn geskatte BBP-groeikoers van onder 1% vir 2016, is dit duidelik dat die probleme steeds met ons is.
Het die rand werklik sedert ‘Nenegate’ versterk?
Sedert Desember 2015, toe die minister van finansies, Nhlanhla Nene, onder verdagte omstandighede ontslaan is, is groter onbestendigheid van die rand ʼn algemene verskynsel.
Volg Suid-Afrika in Zimbabwe se ekonomiese voetspore?
Vlakke van pessimisme oor Suid-Afrika se ekonomiese en politieke toekoms het die hoogte ingeskiet sedert die Nene-debakel, Nkandla en “Zuptagate”. Vergelykings en ooreenkomste van Suid-Afrika met betrekking tot. ekonomiese en finansiële verskynsels in Afrikalande wat ekonomies misluk het, geniet daagliks aandag in die media.
Ekonomiese oorsig: Groeikoerse bly laag
Gevolglik kan verdere rentekoersstygings gedrende 2016 verwag word. Die Bank het geen ander keuse as om dit te doen nie, gegewe ook die stygings in arbeidskoste, die swakker wisselkoers, die droogte wat landbou pryse laat styg en uiteraard die wanbalanse in die ekonomie waarna verwys is.
Brasilië – die karnaval, muskiete en rommelstatus
Die president is in die sop oor korrupsie, die ekonomie gaan drasties agteruit, rassespanning neem by die dag toe, protes teen die regering het reeds ernstige afmetings aangeneem, daar is ongelukkigheid oor sportstadions wat gebou is teen enorme koste en plakkerskampe is misdaadneste. Verkeerd. Dis nie “Zupta” se Suid-Afrika nie, ons praat van Brasilië.
Ekonomiese oorsig: Groeikoers en begrotingsrede
In hierdie oorsig word aandag gegee aan die ekonomiese groeikoers- gegewens vir 2015 en die minister van finansies se begrotingsrede vir die jaar 2016/’17.
Begroting 2016: Groei is die kernpunt, maar dit ontbreek
In geheel beskou, dink ons nie dat die 2016-begroting bevorderlik vir broodnodige ekonomiese groei is nie. Dit gaan eerder verdere druk op ekonomiese groei plaas. Ekonomiese groei is die spilpunt van die begroting se sukses, maar ʼn fokus daarop ontbreek.
Suid-Afrika se fiskale afgrond
Suid-Afrikaners betaal nou die prys vir die regering se spandabelrigheid in die vorige dekade. Ons het egter nie enige ander keuse as om nou die bitter pil te sluk nie.
Ekonomiese oorsig: Die werking van die ekonomie
Tans word voorsien dat die inflasiekoers in die RSA in 2016 kan versnel, ten spyte van die gunstige invloed van ʼn lae internasionale ru-olieprys. Ironies werk die daling in ander kommoditeitspryse teen ons, aangesien dit die wisselkoersverswakking aangehelp het.
Onderwys: Fokus op standaarde
Die fokus moet op die akademiese verantwoordbaarheid en relevansie wees. Die beleggings in onderwys – in geld en energie – moet duidelik fokus op onderwys en, hoewel dit nie los staan van die breër politieke omgewing nie, die heropbou en vernuwing van onderwys eerste stel.
Beleggingsvooruitsigte vir 2016
Verlede jaar was my aanbeveling: Loop katvoet! Vir die jaar wat kom, is dit soveel te meer die geval.
Luister: Boeretroos dryf ʼn ekonomie
Koffie is nie net ʼn lekker drink-dingetjie nie, dit dryf ook die ekonomie van verskeie lande wat dit verbou.
Gordhan wil gordel intrek; waarsku staatsentiteite
Pravin Gordhan het Maandag, kort nadat hy weer as minister van finansies aangestel is, sy stem dik gemaak en gesê daar sal nie verder geld gemors word nie.