Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Maandag gesê hy ondersoek ʼn saak van aanranding en moord teen vyf beamptes ná ʼn man in Katlehong, Ekurhuleni, in aanhouding gesterf het.
Alles vir die sleutelwoord "Ekurhuleni"
Twee dood, 4 kritiek toe motor rol
By hul aankoms op die toneel was die liggaam van die bestuurder agter die stuurwiel vasgepen.
18 vas oor spoed en dronkbestuur
Die motoriste het onder meer aangevoer hulle het na familie, die lughawe en ʼn begrafnis gehaas.
Nooddienste op bystand voor swaar reën
Ekurhuleni se nooddienste het inwoners gemaan om waaksaam te wees ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesê het uiterste weerstoestande sal na verwagting die naweek oor die sentrale en oostelike gedeeltes van die land voorkom.
‘Eskom-man’ jaag glo oor beurtkrag
Die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD) het vier motoriste, onder wie ʼn Eskom-werknemer, vir spoedoortredings in hegtenis geneem.
Stakers brand drie vragmotors uit
By hul aankoms was drie vragmotors wat leë dromhouers vervoer reeds ʼn ruk lank aan die brand.
Verdagte met gekaapte Isuzu aangekeer
Die 25-jarige verdagte het die metropolisie se opdragte om stil te hou eers verontagsaam en probeer wegjaag.
Nege vas wat glo SAPD-skut leeg dra
Beamptes het gaan ondersoek instel nadat veiligheidspersoneel aangemeld het dat ʼn verdagte voertuig naby die polisie se skut opgemerk is.
Dwelmsindikaat in Jhb oopgevlek
Twee vermeende dwelmhandelaars is Woensdag in Palm Ridge, Ekurhuleni, in hegtenis geneem toe polisiebeamptes ʼn klopjag op ʼn huis uitgevoer en afgekom het op dwelmmiddels, kontant en SAPD-toebehore.
Vier dood, 13 beseer toe voertuie bots
Die Padverkeerbestuurkorporasie (RTMC) het gesê die ongeluk het op die N3-Noord gebeur, maar die snelweg is in albei rigtings vir verkeer gesluit terwyl owerhede op die toneel besig is.
ANC in Ekurhuleni: Grondbesluit ‘reuse-mylpaal’
“Is dit net ʼn stap om stemme in die 2019-verkiesing te kry? Ons sal ons nie weer om die bos laat lei nie. Genoeg is genoeg!”
Ekurhuleni-metro sê hy sal grond sonder vergoeding onteien
”Ek het die burgemeester toe gevra of hy met die eienaars in verbinding getree het. Sy antwoord was nee.“
Twee stoot onklaar motor, sterf toe vragmotor hulle tref
“Terwyl hulle die motor in die donker gestoot het, het ʼn vragmotor van agter gekom en teen hulle en hul voertuig gebots. Die twee mans is op slag dood.”
Pa in maag geskiet tydens gewelddadige huisroof
“Toe my pa sê ‘eina’, sê die een vir hom: ‘What the f**k are you saying? I’m gonna shoot you!’”
Motorlisensies: Vier vas wat staat glo met duisende bedrieg
Vier metropolisiebeamptes van Ekurhuleni sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklag dat hulle met motoriste saamgesweer het om die staat uit honderde duisende rand te bedrieg.
Een dood, drie beseer toe voertuig rol
“Die voertuig het glo teen ’n baie hoë spoed gery.”
Taxi-operateurs eis Ekurhuleni-burgemeester se kop
Honderde taxi-operateurs van Ekurhuleni het pendelaars Dinsdag gestrand gelaat toe hulle na die kantoor van die munisipale raad opgeruk en geëis het dat burgemeester Mzwandile Masina en die stadsbestuurder binne 30 dae afgedank moet word.
Amnestie vir agterstallige biblioteekboeke
Kaapstad en Ekurhuleni bied amnestie aan enigiemand met ʼn agterstallige biblioteekboek, om dit hierdie komende week terug te bring, as deel van die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek.
Foto’s: 500 m munisipale kabels op privaat perseel gevind
Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die EMPD se teenkabeldiefstal-eenheid het ʼn leidraad ontvang van rolle kabels wat aan die munisipaliteit behoort wat glo op ʼn privaat perseel in Forgestraat in Spartan in Kempton Park gehou word.
Ekurhuleni: Paaie eis meer lewens in Desember as voorheen
Die Stad Ekurhuleni het dié statistieke die afgelope naweek bekend gemaak.