Wind- en sonkragenergie sal in 2030 die goedkoopste manier wees om elektrisiteit op te wek wanneer dit fossielbrandstof as markleier sal verbysteek.
Alles vir die sleutelwoord "elektrisiteit"
Elektrisiteit: Betaal jy te veel vir jou koopkrag?
Huurders van deeltitel-eenhede in sekuriteitskomplekse en sakelui wat ruimte in kantoorblokke huur, se kragrekenings word dikwels deur herverkopers van elektrisiteit oorverhaal, sonder dat hulle daarvan bewus is, of weet wat om daaraan te doen.
Nersa-aankondiging verwelkom
AfriSake het Dinsdag gesê die organisasie verwelkom die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se aankondiging dat slegs ʼn algemene tariefverhoging van 9,4% in die elektrisiteitsprys toegelaat word.
Kragprys gaan styg
Dit is ongelukkig geen April-gek grap nie: verbruikers kan hulself staal om van 1 April af meer vir elektrisiteit op te dok.
Gebruikers gewaarsku: Elektrisiteit word duurder
Eskom het gebruikers Saterdag gewaarsku dat ʼn prysverhoging binnekort in werking sal tree.
Nuuskommentaar: Alles pure apartheid se skuld!
Daar is veel meer faktore as om bloot te sê dat daar in 1994, met die oorgang, nog heelwat surpluskrag in Eskom se kapasiteit opgesluit was. Ook is dit komplekser as om te sê die regering is hierna president vir president gewaarsku dat sake oor die surpluskapasiteit gaan verander, skryf Herman Toerien.
Kragprobleme is apartheid se skuld, sê Zuma
Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme is ʼn produk van apartheid en die regering kan nie beskuldig word vir die huidige kragonderbrekings nie, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.
Gauteng-waterkrisis: Agt ‘koperdiewe’ aangekeer
Agt persone, insluitend vier City Power-werknemers, is in verband met koperkabeldiefstal in hegtenis geneem wat daartoe gelei het dat Gautengers in September ʼn groot waterkrisis beleef het.
Vrystaat se ligte bly vir eers brand
Die elektrisiteit van drie munisipaliteite in die Vrystaat wat Eskom R736 miljoen skuld, gaan nie onmiddellik afgesny word nie.
AfriForum wil hof toe oor Vrystaat-elektrisiteit
AfriForum het Vrydag gesê hy berei voor vir ʼn hofsaak oor munisipale skuld aan Eskom. Die kragvoorsiener beplan om Vrydag die kragtoevoer na Ngwathe-, Dihlabeng- en Maluti-a-Phofung-munisipaliteite af te sny totdat hulle hul skuld van R736 miljoen terugbetaal het.
Geen elektrisiteit vir Vrystaat-munisipaliteite
Eskom beplan om Vrydag die kragtoevoer na drie munisipaliteite af te sny totdat hulle hul skuld van R736 miljoen terugbetaal het.
City Power ontken Eskom-skuld
City Power het Donderdag ontken dat hy Eskom R1.08 miljard skuld.
Munisipaliteite skuld meer as R10 miljard aan Eskom
Munisipaliteite dwarsoor die land het Eskom aan die einde van Junie meer as R10.8 miljard geskuld, volgens Pravin Gordhan, die minister van samewerkende regering.
Vrystaat se elektrisiteit nie nou afgeskakel
Eskom het ingestem om die afsluiting van elektrisiteit na verskeie munisipaliteite in die Vrystaat op te skort.
Centurion-buurte sonder krag na kabeldiefstal
Verskeie buurte in Centurion sit vanoggend weer sonder krag weens vermeende kabeldiefstal.
Centurion-krag: ‘Dit was sabotasie’; munisipale amptenare ook ondersoek
Kgosientso Ramakgopa, uitvoerende burgemeester, het aangekondig dat daar ‘n kriminele ondersoek gedoen gaan word na sabotasie by Centurion-substasies en dat munisipale amptenare deel sal vorm van die ondersoek.
Centurion-gemeenskap staan saam in krag-krisis
Te midde van die wydverspreide kragonderbrekings in Centurion ná die beskadiging van twee substasies, het mense hul huise en hul harte vir ander oopgemaak.
Foto’s: Talle Centurion-buurte sonder krag weens vandalisme
Talle woonbuurte in Centurion is sonder elektrisiteit nadat ‘n substasie in die omgewing onder vandale deurgeloop het.
Eskom ontken lugbesoedeling-sterftes
Eskom het Vrydag ʼn verslag, dat twee van sy steenkoolkragstasies tans jaarliks minstens 17 mense se dood veroorsaak, betwis.
Kragnetwerk tans stabiel
Eskom het Vrydag gesê die nasionale kragnetwerk is stabiel en behoort oor die naweek ook stabiel te bly.