Eskom sê hy verwag dat die kragnetwerk Donderdagaand weer onder druk sal verkeer.
Alles vir die sleutelwoord "elektrisiteit"
Kragnetwerk bly onder druk; Medupi-krag eers in 2015
Suid-Afrika se kragnetwerk sal tydens die winter onder druk verkeer, het Eskom Donderdag gesê.
Substasie ontplof in Sasolburg
ʼn Substasie het glo in Sasolburg, Vrystaat, ontplof en gedeeltes van die dorp is reeds sonder elektrisiteit.
Elektrisiteit gespaar tydens aarduur; bekende plekke afgeskakel
Suid-Afrikaners wat Saterdag deelgeneem het aan die wêreldwye aarduur het ʼn bydrae gelewer om die planeet te red.
Pretoria gewaarsku oor beurtkrag
Inwoners van Pretoria moet gereed maak vir beurtkrag van tussen drie en vier ure per sessie.
“Zuma trek voordeel uit elektrisiteitkrisis” – Zille
Helen Zille, leier van die DA, het Saterdag gesê die ANC trek voordeel uit die land se elektrisiteitkrisis.
Eskom waarsku oor wintermaande
Malusi Gigaba, die minister van openbare ondernemings, het Dinsdag gesê die elektrisiteitstoevoer sal tussen April en Julie onder erge druk verkeer.
AfriSake-hofaansoek vandag om Tshwane-elektrisiteitsmeterkontrak te stuit
Die omvattende aansoek deur AfriSake om ’n interdik te verkry teen die implementering van die Tshwane-metro se beplande voorafbetaaldekragstelsel deur ’n onervare en omstrede kontrakteur, PEU Capital Partners, sal op 24 en 25 Februarie in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangehoor word.
Elektrisiteit in PTA herstel
Elektrisiteit is na meeste dele van Pretoria herstel wat geraak is deur ʼn brand by die Pumulani-substasie, het die stad Saterdag gesê.
Inwoners van Vaalwater sedert Maandag sonder water en krag
Inwoners van Vaalwater in Limpopo is moedeloos en besighede moes hul deure sluit, aangesien die dorp sedert Maandag sonder elektrisiteittoevoer oor die weg moet kom.
Hofaansoek teen Tshwane-metro ingedien oor elektrisiteitsmeters-kontrak
Die sakeregtewaghond AfriSake het Donderdag ’n dringende hofaansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof ingedien met die oog daarop om ’n ooreenkoms wat in Mei vanjaar tussen die Tshwane-metro en PEU Capital Partners (PEU) gesluit is te stuit.
Munisipaliteite skuld Eskom miljoene
Munisipaliteite regoor die land skuld Eskom glo meer as R1.4 miljard in agterstallige elektrisiteitsrekeninge.
Kragvoorsiening is beter, sê Eskom
Eskom het Donderdag gesê die kragvoorsiening het effens verbeter, maar die noodprotokol is steeds van krag.
Eskom dreig om krag in Vrystaat te sny
Eskom dreig glo om elektrisiteitstoevoer na sommige munisipaliteite in die Vrystaat, wat die kragvoorsiener miljoene rande skuld, af te sny, het RSG Vrydag berig
Elektrisiteit-terroriste gesoek
City Power het Saterdag gesê ‘n ondersoek is van stapel gestuur om die werknemers te identifiseer wat die kragvoorsiening rondom Johannesburg afgesny het.
JHB weer van elektrisiteit voorsien
City Power het bevestig dat alle gebiede in Johannesburg weer van elektrisiteit voorsien word nadat kragonderbrekings die afgelope week die stad geteister het.
Krag-sabotasie is “terrorisme”
Faith Mazibuko, LUR vir veiligheid in Gauteng, het Vrydag gesê die optrede van werknemers wat die elektrisiteit by substasies in Johannesburg afgeskakel het, is gelykstaande aan terrorisme.
Donker naweek lê voor vir JHB
Krag is Vrydag na Lawley en Lenasia South herstel terwyl ander dele van Johannesburg dalk die naweek nog sonder krag moet spandeer.
JHB dalk nog drie dae lank sonder krag
Kragonderbrekings aan die Wes-Rand en in die noorde van Johannesburg kan dalk nog drie dae lank duur weens ‘n onbeskermde staking, het City Power Donderdag gesê.
JHB sê jammer oor Mandela-fout
Die stad Johannesburg het Maandag om verskoning gevra nadat hy ʼn kennisgewing van ʼn agterstallige faktuur foutiewelik by voormalige pres. Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, afgelewer het.