Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad, het met onmiddellike effek bedank, het die presidensie Woensdag gesê.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Ellen Tshabalala"
SAUK se Ellen van meineed aangekla
Die DA het Donderdag ʼn klag van meineed teen Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad, aanhangig gemaak.
LP’s eis Tshabalala se kop
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Woensdag eensydig besluit om te versoek dat Ellen Tshabalala, die SAUK se voorsitter, uit haar amp verwyder moet word.
SAUK ontken Hlaudi is waarnemende uitvoerende hoof
Hlaudi Motsoeneng, die bedryfshoof van die SAUK, is nie as die waarnemende groep uitvoerende hoof aangestel soos wat sommige koerante Sondag berig het nie, het ʼn woordvoerder van die uitsaaier gesê.
SAUK-voorsitter verloor hofaansoek
Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, se hofaansoek om ʼn ondersoek na haar akademiese kwalifikasies te verhoed, is van die hand gewys.
“SAUK-voorsitter het nie ʼn graad” sê DA
ʼn Agtergrondondersoek in opdrag van die DA het meer bewyse aan die lig gebring dat Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, glo nie ʼn BCom-graad het soos wat sy beweer nie.
SAUK-voorsitter kry hofinterdik teen ondersoek
Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, het Donderdag ʼn interim interdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof bekom om enige ondersoek te stuit wat probeer bepaal of sy oor haar akademiese kwalifikasies gejok het.
SAUK-raad se voorsitter lieg glo oor kwalifikasies
Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad, het aan die parlement gelieg oor haar kwalifikasies, het City Press Sondag berig.