Die pa staan tans tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy sy seun in Junie verlede jaar buite sy skool doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Emmanuel Tshabalala"
Pa wat seun ‘per ongeluk skiet’ se saak lank uitgestel
Die saak teen Emmanuel Sibusiso Tshabalala, wat sy 16-jarige seun Luyanda doodgeskiet het, is tot Februarie 2019 uitgestel om pleitonderhandelinge af te handel.
Pa wat seun doodskiet, wil pleit op strafbare manslag
“Ons sal pleit op strafbare manslag. Ons hoop die staat sal instem vir ʼn pleit op ʼn mindere aanklag.”
Pa wat seun per ongeluk skiet sal vervolg word
Die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) het die besluit geneem om die man wat verlede maand per ongeluk sy seun buite ʼn skool in Ennerdale doodgeskiet het, te vervolg.
Pa oor seun se skietdood: ‘Dit sal vir ewig by my spook’
Maroela Media het vroeër berig die pa het buite sy seun se skool in die motor aan die slaap geraak, toe sy seun aan die ruit geklop en hy sy seun per ongeluk doodgeskiet het, aangesien hy gedink het hy word gekaap.
‘Slapende’ pa skiet seun onbedoeld buite skool dood
ʼn 50-jarige pa het Dinsdagaand glo onbedoeld sy 14-jarige seun buite ʼn skool in Johannesburg doodgeskiet.