Daar is in April besluit dat ’n geregtelike doodsondersoek deur ’n streekhoflanddros gehou moet word om vas te stel of iemand strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir die 21 minderjariges se dood in die taverne.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Enyobeni-taverne"
Enyobeni-tragedie: Eienaars hou by onskuld
Die saak rakende die 21 tieners se dood word in dié stadium nog ondersoek.
Taverne-eienaar se vrou nou ook aangekla
Vuyokazi Ndevu is die geregistreerde lisensiehouer van die Enyobeni-taverne waar ’n treurspel hom in Julie afgespeel het.
Enyobeni-treurspel: Ouers ingelig oor oorsaak van kinders se dood
Die ouers is egter toegang tot die toksikologieverslag geweier.
Taverne-eienaar in hof
Die staat voer aan dat die beskuldigde met twee werknemers saamgesweer het om onregmatig drank aan minderjarige persone te verkoop.
Ouers soek nóú antwoorde oor Enyobeni-treurspel
Sowat ses weke ná die dood van 21 Oos-Londense kinders, eis die slagoffers se ouers dat die uitslae van toksikologietoetse dadelik aan hulle beskikbaar gestel word.
Metanol in taverne-slagoffers se bloed gevind
Die polisie en die plaaslike regering het Dinsdag verslag gedoen oor hoe die ondersoek na die dood van 21 jong mense by ʼn taverne in die Oos-Kaap vorder.
Drie vas ná 21 jonges in taverne sterf
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur waarna twee boetes van R2 000 elk aan twee werknemers uitgereik is.
Taverne-slagoffers gegroet
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag voorgestel dat die wettige drinkouderdom in die land verhoog word.
Dringende gesprek nodig oor minderjariges wat drink – Ramaphosa
Die treurspel het ook die soeklig laat val op die gebrek aan ouderdomsgepaste ontspanningsgeriewe vir jongmense in buurte soos Scenery Park in Oos-Londen.
Taverne-treurspel: ‘Waak teen bespiegelings’
Alle bewysstukmonsters wat tot dusver geneem is, is reeds na die polisie se forensiese laboratorium gestuur.
Bystand aan gesinne van taverne-slagoffers
Daar word intussen berig dat die tieners dalk vergiftig is.
Antwoorde nog gesoek vir taverne-tragedie wat 21 tieners eis
“Ons het deur die skare probeer beweeg en geskree ‘laat ons asseblief deur’ en ander het geskree ‘ons gaan dood’ en ‘ons versmoor’ en ‘daar is mense wat nie kan asemhaal nie’.”
Cele stort trane oor taverne-tragedie
Leë bottels alkohol, pruike en selfs ’n pers “Happy Birthday”-serp het Sondagoggend in die stofstraat buite die Enyobeni Tavern in Scenery Park gelê.
Oorsaak van taverne-tragedie ondersoek
Xola Pakati, die burgemeester van Oos-Londen, het die voorval gelykgestel aan ’n bloedbad.
20 mense sterf in taverne
Die oorledenes is almal tussen die ouderdom van 18 en 20 jaar.